Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 50 of 98
Thursday, 9 May 2024
Steynberg F 2024. Geen borgtog vir 'renosterstropers' van Gobabis-bul.

Die beskuldigdes wat die afgelope naweek betrokke was by die stropery van ‘n witrenosterbul op 'n plaas in die Gobabis-distrik, bly in aanhouding. Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het die beskuldigdes reeds in die landdroshowe van Gobabis en Katutura in Windhoek verskyn. Die name van die beskuldigdes soos verskaf deur Shikwambi is Micheal Shomeya Koshondatile (39), Barnabas Shitaleni Muzanime (35), die 31-jarige Petrus Petrus Nghifindaka, Victory Henghono (ook 31) en die 34-jarige Imanuel Stafanus Nangwasha.

Wednesday, 8 May 2024
Steynberg F 2024. Renosterstropers slaan derde keer op plaas toe.

'n Karkas van 'n groot witrenosterbul is Sondagoggend op 'n plaas in die Gobabis-distrik ontdek wat

Tuesday, 2 April 2024
2024. Namibia investigates surge in rhino poaching in Etosha park.

Namibian authorities are investigating a surge in rhino poaching that has seen 28 rhinos poached already this year, two-thirds of them in the Southern African country's flagship Etosha National Park. It was particularly concerning that 19 rhinos were poached in Etosha this year, given the park is a focus for conservation efforts and a major international tourist attraction, the environment ministry said in a statement on Monday.

Tuesday, 2 April 2024
Smit E 2024. 28 renosters reeds vanjaar gestroop.

'n Dringende hoëvlak-vergadering tussen die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en sekuriteitsgroepe is belê nadat 28 renosters in die eerste drie maande van die jaar in Namibië gestroop is. Uit die 28 renosters is 19 in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda is tien van die 19 gestroopte renosters in die park verlede maand tydens onthoringsoperasies ontdek.

Wednesday, 27 March 2024
Moser K 2024. NWP ernstig oor bewaring.
Namibia Wildlife Protection se veldwagters ontvang opleiding in onder meer die hantering van wapens, taktiese bewegings en spoorsny. Namibia Wildlife Protection rangers receive training in, amongst others, weapons handling, tactical movements and tracking.
Tuesday, 27 February 2024
2024. Rhino poaching in South Africa increases in 2023.
South Africa recorded 499 rhinos poached in 2023, 51 more than the previous year, despite efforts to protect the animals, the government said on Tuesday. South Africa is home to nearly half of the critically-endangered black rhino population in Africa and to the world's largest population of near-threatened white rhinos. Rhinos are poached for their horns, which are used in east Asian countries for making traditional medicines and jewellery.
Monday, 15 January 2024
Smit E 2024. SRT volg eenvoudige benadering tot stropery.
Save the Rhino Trust (SRT) Namibia se benadering tot renosterstropery het die konvensionele militêre styl-taktiek vir renosterbeskerming uitgedaag, wat in baie gevalle die gaping tussen plaaslike mense en renosters vererger het. Dié konvensionele taktieke teen stropery beskou en teiken plaaslike mense as deel van die probleem, het SRT in sy nuwe strategiese plan vir 2023-’28 gesê. SRT het gesê die organisasie het dus 'n uiters eenvoudige, maar doeltreffende benadering gevolg deur gerespekteerde plaaslike mense in diens te neem om hul vaardighede in te span.
Monday, 16 October 2023
Smit E 2023. Minstens 13 jaar agter tralies vir renosterstropers.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het vonnisse van minstens 13 jaar tronkstraf elk vir vier renosterstropers verwelkom. Die vonnisse is onlangs in die Windhoek-streekhof opgelê.

The Ministry of the Environment, Forestry and Tourism has welcomed sentences of at least 13 years in prison each for four rhino poachers. The sentences were handed down recently in the Windhoek Regional Court.

Monday, 9 October 2023
Du Plessis Y 2023. Prison officers guilty after smuggler escapes.

Two of the correctional officers who were suspended due to the suspicion that they had a hand in the escape of the Chinese rhino horn smuggler, Wang Hui, have been found guilty.

Tuesday, 26 September 2023
Du Plessis Y 2023. Perde opgesaal vir renosterbewaring.

Vanjaar is 39 renosters tot dusver in Namibië gestroop, vergeleke met 92 in 2022 en 50 in 2021. Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het hierdie syfers gedeel by die herdenking van Wêreldrenosterdag Vrydag by Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park. By die geleentheid het die minister ook amptelik 'n perde-teenstropingseenheid van stapel gestuur. Die ministerie het altesaam 13 perde teen N$10 000 elk gekoop, met finansieringshulp van die Wildprodukte- rustfonds.

Wednesday, 19 July 2023
Smit E 2023. Renosterstropery styg weer in 2022.

Na raming is 93 renosters in 2022 gestroop, vergeleke met die 47 in 2021 en 43 in 2020.

An estimated 93 rhinos were poached in 2022, compared to 47 in 2021 and 43 in 2020.

Tuesday, 9 May 2023
Smit E, Bause T 2023. Vyftien renosters vanjaar gestroop.

Altesaam 15 renosters is vanjaar gestroop, teenoor 87 in 2022 en 45 in 2021. Die laaste renoster is tussen 1 en 28 April op 'n private plaas in die Grootfontein-omgewing gestroop. Die karkas is eers verlede week ontdek en die ondersoek dui daarop dat die dier twee keer met 'n jaggeweer geskiet is.

Friday, 14 April 2023
Smit E 2023. Agt oor paasfees in hegtenis geneem vir renosterstropery.

Agt verdagtes is oor die Paasnaweek vir renosterstropery-verwante misdade in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda, is twee verdagtes op 6 April op die Tsumeb/Otavi-pad by 'n mobiele padblokkade in hegtenis geneem omdat hulle onwettig die Etosha Nasionale Park binnegegaan het om renosters te jag. Twee vars renosterhorings is in hul besit gevind en deur die wetstoepassingsagentskappe onder leiding van die Blue Rhino-taakspan op beslag gelê.

Tuesday, 11 April 2023
Hattingh E 2023. Smokkel wildprodukte saam met ander items.

Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande. Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede. Inteendeel, groeiende bewyse dui op 'n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.

Friday, 17 March 2023
Hattingh E 2023. Twee 'renosterstropers' aangekeer.

Twee mans is gister omstreeks 09:00 in die Dordabis-omgewing in hegtenis geneem nadat hulle glo twee swartrenosters, ‘n koei en ‘n kalf, op ‘n plaas doodgeskiet het. Die verdagtes het ‘n jaggeweer in hul besit gehad, asook 15 koeëls, waarvan drie reeds gebruik is. Twee renosterhorings is ook gevind. Die waarde van die renosters is sowat N$500 000 per renoster. Die mans is aangekla vir verskeie oortredings, insluitende vir die jag van beskermde wild en omdat hulle in besit was van ongelisensieërde wapens. Die polisie se ondersoek duur voort.

Tuesday, 7 February 2023
Smit E 2023. Etosha hotbed for rhino poaching.

A total of 87 rhinos were poached last year, of which 45 were killed in the Etosha National Park. This is according to new statistics released by the environment and tourism ministry, which show that last year, 61 black rhinos and 26 white rhinos were killed. In 2022, poaching cases included 15 rhinos poached on custodianship farms and another 25 white rhinos on private farms. Namibia recorded 45 rhinos poached in 2021, 43 in 2020, 61 in 2019, 84 in 2018 and 55 in 2017. So far this year, one rhino has been poached. Meanwhile, four elephants were killed last year.

Tuesday, 31 January 2023
2023. Namibia rhino poaching surged 93% in 2022.

The number of endangered rhinos poached in Namibia reached an all-time high last year after 87 animals were killed compared to 45 in 2021, official government data showed on Monday. The Ministry of Environment, Forestry and Tourism spokesperson Romeo Muyunda said poachers killed 61 black and 26 white rhinos mainly in Namibia's largest park, Etosha, where 46 rhinos were found dead.

Tuesday, 24 January 2023
Smit E 2023. Stroper sterf in skermutseling.

'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.

Friday, 13 January 2023
Smit E 2023. 77 renosters, 4 olifante in 2022 gestroop.

Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.

Thursday, 1 December 2022
Smit E 2022. Stropery - 106 die jaar gearresteer.

Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem. Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp. Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem. Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is - 'n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.

Monday, 14 November 2022
Steffen F 2022. Mynbou bedryg Huab se renosters.

'n Mynmaatskappy word toegelaat om sy aktiwiteite in die Huab-gebied uit te voer ondanks 'n swak omgewingsimpakstudie en geen konsultasies met geraakte bewaringsorganisasies nie.

A mining company is allowed to carry out its activities in the Huab area despite a poor Environmental Impact Study and no consultations with affected conservation organizations.

Friday, 21 October 2022
Smit E 2022. Ondersoek staar wildhandelaar in gesig.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het 'n ondersoek na die wildhandelaar, mnr. Johan Lombaard, van stapel gestuur nadat hy na bewering twee witrenosters sonder die nodige papierwerk vervoer het. Die ondersoek is na bewering genoodsaak nadat Lombaard Dinsdag in 'n motorongeluk tussen Rehoboth en Kalkrand betrokke was terwyl hy ’n witrenosterkoei en haar kalf vanaf Mariental na 'n plaas in die Karibib-distrik vervoer het.

Tuesday, 18 October 2022
Rademeyer R 2022. Smokkelaar in renosterhoring op die vlug.

Die Chinese renosterhoringsmokkelaar Wang Hui (48) het gister omstreeks 11:00 uit aanhouding ontsnap en was teen druktyd gister nog op die vlug. Wang het ontsnap toe hy saam met met 'n bewaarder van die Windhoek Sentrale Gevangenis na Brakwater gegaan het om materiaal by ’n verskaffer te gaan oplaai.

The Chinese rhino horn smuggler Wang Hui (48) escaped from custody at around 11:00 yesterday and was still on the run at press time yesterday. Wang escaped when he went to Brakwater with a warden from the Windhoek Central Prison to pick up materials from a supplier.

Friday, 2 September 2022
Smit E 2022. Renosters word onthoring na stropery toeneem.

Private renostereienaars onthoring tans hul diere om hulle teen die onlangse toename in stroperyvoorvalle te beskerm. Altesaam 48 renosters is reeds vanjaar gestroop, wat reeds verlede jaar se syfer van 44 oortref, asook die 42 renosters in 2020. Uit dié 48 was 32 swart- en 16 witrenosters – waarvan 12 swartrenosters op bewaringsplase gestroop is en 16 witrenosters op private plase.

Thursday, 1 September 2022
Smit E 2022. Nog twee swart renosters gestroop.

Karkasse op private wildplase gevind: Een van die renosterkarkasse wat ontdek is, was dié van 'n dragtige koei. 

Carcasses found on private game farms: One of the rhino carcasses discovered was that of a pregnant cow.

Wednesday, 10 August 2022
Smit E 2022. Vier renosters, twee dae.

In die minder as agt maande van 2022 wat al verby is, is 36 renosters reeds oraloor die land gestroop. In die nuutste voorvalle is die karkas van ’n witrenoster gister op 'n private plaas in die Okahandja-distrik ontdek. Maandag is karkasse van nog twee gestroopte witrenosters op 'n private plaas in die Outjo-distrik aangemeld. Net verlede week het die ministerie gesê 33 renosters is vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters was.

Friday, 5 August 2022
Smit E 2022. Renosterstropers stel hul visier op plase in.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.

According to the spokesperson of the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda, this year's poaching incidents included 15 poached rhinos in the Etosha National Park, nine rhinos on conservation farms and another nine on private farms.

Tuesday, 21 June 2022
Lamprecht H 2022. Drie vermeende stropers in een week vasgetrek.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verskeie veiligheidsaanpassings in die Etosha Nasionale Park gemaak sedert die karkasse van 11 gestroopte swartrenosters gevind is. Een van die stappe is die herontplooiing met onmiddellike effek van afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die wildbeskermingseenheid, na die park. Twee uit 'n groep van vyf verdagtes wat probeer het om renosters in die park te jag, is ook verlede week vasgetrek.

Friday, 17 June 2022
Smit E 2022. 142 in vyf jaar skuldig bevind aan stropery.

Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.

Wednesday, 2 February 2022
Smith J-M 2022. Skoolhoof en vrou met twee renosterhorings gevang.

Nadat hy sewe maande agter tralies deurgebring het omdat hy met onwettige renosterhorings in sy besit betrap is, is 'n skoolhoof van die Zambezistreek vry op borgtog ná ’n suksesvolle appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek.

After spending seven months behind bars for being caught with illegal rhino horns in his possession, a Zambezi school principal is released on bail following a successful appeal to the Windhoek High Court.

Monday, 8 November 2021
Holland H Congo seizes $3.5 mln of ivory, rhino horn and pangolin scales.

Authorities in Democratic Republic of Congo have seized $3.5 million worth of ivory, rhinoceros horn and pangolin scales in a joint operation with United States officials, the U.S. embassy in Kinshasa said on Monday. Two wildlife traffickers were also arrested in the United States on Nov. 4, following a more than two-year investigation between the two countries and global police agency Interpol.

Tuesday, 28 September 2021
Moser K 2021. Namibië vaar goed met renosterbewaring: Stropery steeds 'n bedreiging.

Die Internasionale Renosterstigting (IRF) het sy jaarverslag oor die toestand van renosterbevolkings wêreldwyd gepubliseer en Namibië is geïdentifiseer as die land met die grootste witrenosterbevolking. Die situasie van renosters in Afrika en oor die hele wêreld is egter kommerwekkend. Die aantal witrenosters op die Afrikavasteland het die afgelope jaar weens stropery afgeneem. Met 'n huidige bevolking van ongeveer 18 000, het dié getal die afgelope dekade met 12% afgeneem.

Wednesday, 25 August 2021
Kamati E 2021. Beweerde stropers bly in aanhouding.

Die drie mans het verlede week hul eerste hofverskyning gemaak nadat hulle op 'n gruispad naby Ohorongo Cement in besit van 'n knaldemper, lewendige ammunisie, 'n jaggeweer, swaarkaliber-ammunisie, 'n mes en 'n panga betrap is. Die vermoede is dat hulle onderweg was om renosters op 'n nabygeleë plaas te stroop.

Friday, 23 July 2021
Hattingh E 2021. Stropers met sewe olifanttande gearresteer.

Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.

Two people were caught on Katima Mulilo and Kahenge with a total of seven elephant tusks in their possession, while two more people were caught trying to dispose of python skins and crocodile skins respectively.

Tuesday, 20 July 2021
2021. Vier renosterhorings in minibus gevind.

Vier mans tussen 20 en 46 jaar is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandag op vier renosterhorings beslag gelê het toe 'n minibus onderweg na Opuwo by 'n padblokkade deursoek is. Die minibus is kort ná drieuur die middag by 'n padblokkade op die Kamanjab-Werda-pad afgetrek. Die polisie sê in 'n misdaadverslag vier mans is vir die besit van beheerde wildprodukte in hegtenis geneem. Die oorsprong van die renosterhorings en die waarde daarvan is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.

Wednesday, 30 June 2021
Leuschner E 2021. Renoster in Etosha gestroop.

’n Renoster is tussen Saterdagnag en Sondag by die Chudop-watergat naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is beide die renoster se horings verwyder. "Dit is die eerste renoster wat vanjaar in die park gestroop is. Die renoster is geskiet en die karkas is Sondag ontdek," het hy gesê. Die Chudop-watergat is sowat vyf kilometer suidwes van Namutoni geleë.

Friday, 21 May 2021
Steffen F 2021. Renosters gestroop, kalfie soek.

'n Renosterkalfie is steeds soek nadat haar ma, wat met die hand grootgemaak is, en nóg ‘n witrenoster die afgelope naweek op ‘n gasteplaas gestroop is. ‘n Hartseer mnr. Joachim Rust van Ghaub Nature Reserve and Farm het gister vertel hoe hulle die tweejarige Zanna in 2014 as 'n kalfie gered en met ‘n melkbottel moes grootmaak. Zanna se ma het ná swaar reën in diep modder op ‘n plaas naby Waterberg vasgeval en is van uitputting dood. Zanna se karkas is Sondag in die veld gevind. Sy is geskiet en onthoring. Haar kalfie van 18 maande kon nie opgespoor word nie.

Monday, 3 May 2021
2021. Rhino poachers are back after South Africa eases lockdown restrictions.

The strict limits on travel, including international travel, imposed in March last year had the happy side effect of keeping poachers at bay. In 2020, 394 rhinos were poached, 30% fewer than the year before and the lowest yearly tally since 2011. But then South Africa began easing international travel restrictions in November. "Since November, December last year and into 2021, this landscape and particularly Kruger National Park has been experiencing serious numbers of rhino poaching incidents," said Jo Shaw, the Africa Rhino Lead for WWF International Network.

Wednesday, 14 April 2021
Steynberg F 2021. Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas.

Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die karkas van 'n ver dragtige witrenosterkoei op Vrydag 2 April op 'n lodge in die Gobabis-distrik gevind is. Met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid is drie verdagtes, mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua, Sondag 4 April by 'n padblokkade buite Gobabis in hegtenis geneem. In hul besit was glo 'n jaggeweer en 22 patrone.

Tuesday, 13 April 2021
2021. Vierde 'renosterstroper' van Gobabis-saak vas.

Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook in hegtenis geneem.

The fourth alleged rhino poacher in the Gobabis case, Mr. Hamukoto Kanana Erastus, was also arrested.

Monday, 12 April 2021
2021. Ses vas vir renosterstropery.

Ses vermeende renosterstropers en een ivoorsmokkelaar is verlede week in hegtenis geneem. Die drie beskuldigdes van die stropery van 'n ver dragtige witrenosterkoei by 'n lodge in die Gobabis-distrik verlede naweek is mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua. Hulle is vasgetrek nadat boere, die K9-teenstropingseenheid en spoorsnyers hul spore tot by die informele nedersetting in Gobabis gevolg het waar hulle met voertuie gevlug het.

Tuesday, 6 April 2021
Steynberg F 2021. Spoorsnyers help 'renosterstropers' vastrek.

Drie vermeende renosterstropers met 'n vuurwapen is Saterdag met behulp van boere, spoorsnyers en die K9- teenstropingseenheid vasgetrek nadat die karkas van 'n dragtige witrenosterkoei Vrydag by 'n lodge in die Gobabis-distrik ontdek is.

Three suspected rhino poachers with a firearm were arrested on Saturday with the help of farmers, trackers and the K9 anti-poaching unit after the carcass of a pregnant white rhino cow was discovered at a lodge in the Gobabis district on Friday.

Wednesday, 31 March 2021
Steynberg F 2021. Drie in hof oor horing in kattebak.

Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is een van die beskuldigdes, mnr. Pendapala Herman, op borgtog uit in die opspraakwekkende saak van die diefstal van 33 renosterhorings op Outjo. Die ander twee beskuldigdes, is konstabel Michael Muronga, wat verbonde is aan die misdaadvoorkomingseenheid van die Namibiese polisie op Otjiwarongo, en mnr. Alfons Tjukuru van die Oshanastreek.

Wednesday, 24 February 2021
Steynberg F 2021. 'Geen personeel betrokke by stropery'.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.

Thursday, 11 February 2021
Steynberg F 2021. Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat.

Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.

Tuesday, 19 January 2021
Steynberg F 2021. Eerste renoster vanjaar gestroop - Beskuldigdes bly in aanhouding.

Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek en bly in aanhouding nadat 'n witrenosterbul in die Okahandja-distrik gestroop is. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag 8 Januarie op 'n private wildreservaat gevind. Hy het bevestig dit is die eerste renoster wat vanjaar in Namibië gestroop is.

Saturday, 16 January 2021
Steynberg F 2021. Ses vermeende renosterstropers vas.

Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek nadat 'n witrenosterbul verlede week in die Okahandja-distrik gestroop is. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag, 8 Januarie op 'n private wildreservaat gevind.

Sunday, 27 December 2020
2020. Renosterhoring, ivoor op Swakop-plot gevind.

‘n Bejaarde man is gister by die Swakopmundrivier-plotte glo met ‘n ou renosterhoring en vyf stukke olifanttande in sy besit vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag volg die inhegtenisneming van die 69-jarige man nadat die volgende ander items ná ‘n soektog glo in sy besit gevind is: 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1- outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.

Thursday, 29 October 2020
2020. 'Pofeet' Babi pleit volgende week op klagte van omkopery.

Die selfverklaarde profeet Jackson Babi en ’n medebeskuldigde wat glo polisieondersoekbeamptes met N$13 000 probeer omkoop het, sal volgende week in die hof pleit.

The self-proclaimed prophet Jackson Babi and a co-accused who allegedly tried to bribe police investigators with N $ 13 000, will plead in court next week.

Wednesday, 28 October 2020
Steynberg F 2020. Eenjarige renosterkalf gestroop - Stompie verwyder.

’n Renosterverskalfie van slegs een jaar oud wat steeds aan haar ma gedrink het, is op ’n wildsplaas in die Gobabis-distrik gestroop.

A one-year-old rhino calf who was still drinking from her mother was poached on a game farm in the Gobabis district.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...