Title:

Renoster in Etosha gestroop

Author(s):
Publication Year:
2021
Abstract:

’n Renoster is tussen Saterdagnag en Sondag by die Chudop-watergat naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is beide die renoster se horings verwyder. "Dit is die eerste renoster wat vanjaar in die park gestroop is. Die renoster is geskiet en die karkas is Sondag ontdek," het hy gesê. Die Chudop-watergat is sowat vyf kilometer suidwes van Namutoni geleë.

Series Title:
Republikein
Type:
Newspaper
Item Type:
Report
Language:
af

EIS custom tag descriptions

This article is part of the Namibian Wildlife Crime article archive. The archive aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

» Search the Namibian wildlife crime article archive.