This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
Die Chinese renosterhoringsmokkelaar Wang Hui (48) het gister omstreeks 11:00 uit aanhouding ontsnap en was teen druktyd gister nog op die vlug. Wang het ontsnap toe hy saam met met 'n bewaarder van die Windhoek Sentrale Gevangenis na Brakwater gegaan het om materiaal by ’n verskaffer te gaan oplaai.
The Chinese rhino horn smuggler Wang Hui (48) escaped from custody at around 11:00 yesterday and was still on the run at press time yesterday. Wang escaped when he went to Brakwater with a warden from the Windhoek Central Prison to pick up materials from a supplier.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_10_Smokkelaar in renosterhoring op die vlug_Republikein.pdf | 580.76 KB |
NAM_2022_10_Rhino horn smuggler on the run_Republikein_Eng.pdf | 463.25 KB |
Pangolin trafficking in the Bronkhorstspruit area is at an all-time high. Three of these animals were rescued in the Bronkhorstspruit and Cullinan area in September, while court cases in which pangolin traffickers are being prosecuted are also underway in both the Bronkhorstspruit Regional Court and the Cullinan Regional Court.
Attachment | Size |
---|---|
SA_2022_10_Pangolin trafficking is rife in Bronkhorstspruit and Cullinan area_RidgeTimes.pdf | 539.1 KB |
Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het agterdog oor die verdwyning van 'n dossier in 'n saak waarin 'n Chinese burger van wildmisdaad beskuldig word, in die kiem gesmoor. Xuecheng is na bewering in 2014 vasgetrek met 'n jagluiperd- en luiperdvel in sy besit en is aangekla van die onwettige handel in vier olifanttande. Hy is maande later weer in hegtenis geneem nadat 'n ietermagovel, 'n luiperdkop en sewe sebravelle glo in sy besit by die China Town-inkoopkompleks in Windhoek gevind is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_09_Dausab se oor verlore dossier_Republikein.pdf | 617.92 KB |
NAM_2022_09_Duasab says about lost dossier_Republikien_Eng.pdf | 499.5 KB |
Private renostereienaars onthoring tans hul diere om hulle teen die onlangse toename in stroperyvoorvalle te beskerm. Altesaam 48 renosters is reeds vanjaar gestroop, wat reeds verlede jaar se syfer van 44 oortref, asook die 42 renosters in 2020. Uit dié 48 was 32 swart- en 16 witrenosters – waarvan 12 swartrenosters op bewaringsplase gestroop is en 16 witrenosters op private plase.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_09_Renosters word onthoring na stropery toeneem_Republikein.pdf | 556.69 KB |
NAM_2022_09_Rhinos are dehorned after poaching increases_Republikein_Eng.pdf | 555.23 KB |
Karkasse op private wildplase gevind: Een van die renosterkarkasse wat ontdek is, was dié van 'n dragtige koei.
Carcasses found on private game farms: One of the rhino carcasses discovered was that of a pregnant cow.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_09_Nog twee swart renosters gestroop_Republikein.pdf | 468.35 KB |
NAM_2022_09_Two more black rhinos poached_Republikein_Eng.pdf | 465.61 KB |
'n Vermeende stroper is Sondag op die plaas Kaliombo in die Karibib-omgewing in die been geskiet. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 65-jarige plaaseienaar omstreeks 23:45 die honde hoor blaf. Veiligheidswagte van K-Sapu het hom ingelig oor vermeende stropers op sy eiendom. Die boer het ondersoek gaan instel en drie mans met vleis gewaar. Die verdagtes was met assegaaie en 'n byl gewapen. Hulle het ook drie honde by hulle gehad. Die verdagtes het na bewering probeer om die boer aan te val.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vermeende stroper in been geskiet_Republikein.pdf | 471.87 KB |
NAM_2022_08_Suspected poacher shot in the leg_Republikein_Eng.pdf | 470.19 KB |
In die minder as agt maande van 2022 wat al verby is, is 36 renosters reeds oraloor die land gestroop. In die nuutste voorvalle is die karkas van ’n witrenoster gister op 'n private plaas in die Okahandja-distrik ontdek. Maandag is karkasse van nog twee gestroopte witrenosters op 'n private plaas in die Outjo-distrik aangemeld. Net verlede week het die ministerie gesê 33 renosters is vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters was.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vier renosters twee dae_Republikein.pdf | 528.92 KB |
NAM_2022_08_Four rhinos two days_Republikein_Eng.pdf | 647.91 KB |
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.
According to the spokesperson of the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda, this year's poaching incidents included 15 poached rhinos in the Etosha National Park, nine rhinos on conservation farms and another nine on private farms.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Renosterstropers stel hul visier op plase in_Republikein.pdf | 596.12 KB |
NAM_2022_08_Thino poachers set their aim on farms_Republikein_Eng.pdf | 594.62 KB |
Boere het gister by die landdroshof op Karibib saamgekom om te probeer verhoed dat borgtog aan vermeende vee- en wildstropers toegestaan word. Dit volg nadat daar in die week tussen volmaan en 21 Julie beeste ter waarde van N$135 000, gemsbokke van N$60 000 en sebras van N$9 000 in die omgewing van Otjiwarongo, Karibib en Omaruru gesteel is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_07_Honderde duisende se vee_wild gestroop_Republikein.pdf | 472.42 KB |
NAM_2022-07_Hundreds of thousands of cattle_game poached_Republikein_Eng.pdf | 628.17 KB |
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verskeie veiligheidsaanpassings in die Etosha Nasionale Park gemaak sedert die karkasse van 11 gestroopte swartrenosters gevind is. Een van die stappe is die herontplooiing met onmiddellike effek van afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die wildbeskermingseenheid, na die park. Twee uit 'n groep van vyf verdagtes wat probeer het om renosters in die park te jag, is ook verlede week vasgetrek.
Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022-06_142 in vyf skuldig jaar bevind aan stropery_Republikein.pdf | 650.42 KB |
NAM_2022_06_142 convicted in five years of poaching_Republikein_Eng.pdf | 407.36 KB |
Volgens dr. Ulf Tubbesing het sy span in die laaste twee jaar vyf vlakvarke van draadstrikke bevry.
According to dr. Ulf Tubbesing, his team has freed five warthogs from wire traps in the last two years.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022-03_Draadstrikke aan die toeneem_Republikein.pdf | 576.66 KB |
NAM_2022_03_Wire traps on the rise_Republikein_Eng.pdf | 577.17 KB |
A wildlife trafficker softly cried upon being sentenced to 10 years imprisonment for illegal possession of and trying to sell a pangolin. Zimbabwean national Tichaona Chifamba (41) appeared and pleaded guilty before Regional Magistrate Victor Ball in the Secunda Regional Court on Thursday, March 24. He was caught in an intelligence-driven operation on August 3 last year while peddling a Temminck's pangolin in the parking lot of A and E Hyperworld in Trichardt.
Attachment | Size |
---|---|
SA_2022_03_Pangolin peddler caught near Secunda_gets 10 years in prison_Ridgetimes.pdf | 626.4 KB |
Kursusgangers het onder meer geleer oor misdaadfotografie, om afgietsels van skoenafdrukke te neem en afdrukke van motorspore te maak.
Course participants learned, among other things, about crime photography, taking shots of shoe prints and making prints of car tracks.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_03_Touwys gemaak oor dieremisdaadtonele_Republikein.pdf | 794.25 KB |
NAM_2022_03_Training for animal crime scenes_Republikein_Eng.pdf | 800.2 KB |
Hulle bewandel die aarde reeds vir 80 miljoen jaar, eet miere en termiete (tot 70 miljoen per jaar!) en is skadeloos vir mense. Tog is ietermagôs bekend as die dier wat die meeste ter wêreld verhandel word en maak soveel as 20% van alle onwettige handel in wildlewe uit. Meer as ’n miljoen ietermagôs is in die dekade voor 2014 gestroop, hoofsaaklik vir hul skubbe wat geglo word ’n verskeidenheid gesondheidstoestande in tradisionele Chinese medisyne behandel en ook as ’n fynproewersdis in Viëtnam en China beskou word.
Nadat hy sewe maande agter tralies deurgebring het omdat hy met onwettige renosterhorings in sy besit betrap is, is 'n skoolhoof van die Zambezistreek vry op borgtog ná ’n suksesvolle appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek.
After spending seven months behind bars for being caught with illegal rhino horns in his possession, a Zambezi school principal is released on bail following a successful appeal to the Windhoek High Court.
Twee mans is Vrydag op Oshikango in die Ohangwenastreek tydens ’n polisiesoektog met een droë ietermagovel ter waarde van sowat N$50 000 vasgetrek.
Two men were caught on Friday in Oshikango in the Ohangwena region during a police search with one dry pangolin skin worth about N $ 50 000.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_01_Kort nuus uit misdaadverslag_Republikein.pdf | 342.82 KB |
NAM_2022_01_Short news from crime report_Republikein_Eng.pdf | 240.84 KB |
Lede van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) het die afgelope Donderdagoggend in lewensgevaar verkeer nadat hulle 'n voertuig, met vermoedelik gesteelde wildsvleis daarin, agterna gesit het. Hulle het die motor as die eiendom van 'n "bekende verdagte" op Witvlei herken. Die motor het teen klippe in Witvlei se nuwe informele nedersetting vasgery, waarna twee insittendes uitgespring en weggehardloop het.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_12_Vermeende stropers val NCPF_lede aan_Republikein.pdf | 345.74 KB |
NAM_2021_12_Suspected poachers attack NCPF members_Republikein_Eng.pdf | 345.04 KB |
Volgens die polisie se naweekmisdaadverslag wat vandag uitgereik is, is 'n 71-jarige man Donderdagoggend by 'n restaurant by die Swakopmund-kleinhoewes in hegtenis geneem nadat hy na bewering tydens ‘n lokval vier olifanttande aan polisiebeamptes probeer verkoop het. In 'n onverwante voorval is 'n 48-jarige Angolese burger dieselfde namiddag by Kahenge in hegtenis geneem vir die onwettige besit van twee ietermagôvelle ter waarde van 'n geskatte N$100 000.
Honde wat skape tydens strooptogte verskeur, lewende beeste waarvan die hakskene afgekap is en of wat in draadstrukke wurg, asook wild wat met assegaaie gesteek word en lydsaam vrek - dit is aan die orde van die dag op Namibiese plase. Selfs dragtige diere word nie deur stropers en diewe gespaar nie, terwyl landbouers net magteloos moet toekyk. Meer as 90 mense oraloor die land het Republikein die afgelope twee weke gekontak nadat vrae as deel van ‘n informele opname in die sosiale media oor vee- en wilddiefstal gestel is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-11_Bloedbad op plase_Republikein.pdf | 526.61 KB |
NAM_2021-11_Massacre on farms_Republikein_Eng.pdf | 527.29 KB |
Two foreign nationals from the Democratic Republic of Congo were arrested outside Seattle last week and indicted by a federal grand jury on charges of conspiracy and money laundering for allegedly smuggling elephant ivory and rhino horns into the United States.
Boere in die Witvlei-omgewing is opnuut moedeloos met 'n vlaag van vee- en wildmisdaad oor die afgelope maand, terwyl hulle sê die regstelsel misluk daarin om enige beskerming aan hulle of hul eiendom te bied.
Farmers in the Witvlei area are once again discouraged with a spate of livestock and game crime over the past month, saying the legal system is failing to provide any protection to them or their property.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_10_Witvlei_boere_Regstelsel faal ons_Repiblikein.pdf | 375.59 KB |
NAM_2021_10_Witvlei farmers_Legal system fails us_Republikein_Eng.pdf | 375.03 KB |
Terwyl onlangse statistieke aandui Namibië wen die stryd teen wildmisdaad en mens-dier-konflik, sal 'n projek van stapel gestuur word om hierdie pogings te versterk. Dit volgens die uitvoerende direkteur van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila. Hy het dit tydens die ondertekening van die projekdokument getiteld "Geïntegreerde benadering tot pro-aktiewe bestuur van mens-dier-konflik en wildmisdaad in brandpunt-landskappe in Namibië" gesê.
Sodra die wêreld Covid-19 onder beheer kry, kan stropery - veral die stroping van olifante - weer die hoogte inskiet. Dit sal dan die opgeboude vraag na ivoor in die wêreld se swartmarkte moet inhaal. Mnr. Daniel Stiles, 'n onafhanklike ondersoeker wat dekades reeds spesialiseer in onwettige markte en handel in wild en wildprodukte, waarsku dat 'n onlangse styging in swartmarkprys vir ivoor in Viëtnam en China onrusbarende tekens is. Hy het die opmerkings in 'n verslag gemaak wat deel vorm van 'n reeks deur die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale, Georganiseerde Misdaad (GI-…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_09_Na virus kan stropers weer toeslaan_Republikein.pdf | 321.29 KB |
NAM_2021_09_After virus_poachers can strike again_Republikein_Eng.pdf | 320.52 KB |
Die Internasionale Renosterstigting (IRF) het sy jaarverslag oor die toestand van renosterbevolkings wêreldwyd gepubliseer en Namibië is geïdentifiseer as die land met die grootste witrenosterbevolking. Die situasie van renosters in Afrika en oor die hele wêreld is egter kommerwekkend. Die aantal witrenosters op die Afrikavasteland het die afgelope jaar weens stropery afgeneem. Met 'n huidige bevolking van ongeveer 18 000, het dié getal die afgelope dekade met 12% afgeneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_09_Namibie vaar goed met renosterbewaring_Republikein.pdf | 385.58 KB |
NAM_2021_09_Namibia is doing well with rhino conservation_Republikein_Eng.pdf | 382.44 KB |
Die drie mans het verlede week hul eerste hofverskyning gemaak nadat hulle op 'n gruispad naby Ohorongo Cement in besit van 'n knaldemper, lewendige ammunisie, 'n jaggeweer, swaarkaliber-ammunisie, 'n mes en 'n panga betrap is. Die vermoede is dat hulle onderweg was om renosters op 'n nabygeleë plaas te stroop.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_08_Beweerde stropers bly in aanhouding_Republikein.pdf | 340.51 KB |
NAM_2021_08_Alleged poachers remain in custody_Republikein_Eng.pdf | 341.23 KB |
Hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die vier olifante wat vanjaar in Namibië gestroop is nie, toon Namibië oor die afgelope agt jaar 'n sterk afname in die stroping van dié bosreuse. Volgens syfers wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bygehou word, blyk dit dat olifantstropery jaarliks verminder. Terwyl daar in 2016 tot bykans 101 olifante gestroop is, was dit in 2019 en 2020 onderskeidelik net 13 en 12 olifante.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Stryd teen olifantstropery werp vrugte af_Republikein.pdf | 337.07 KB |
NAM_2021_07_Fight against elephant poaching bears fruit_Republikein_Eng.pdf | 336.34 KB |
Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.
Two people were caught on Katima Mulilo and Kahenge with a total of seven elephant tusks in their possession, while two more people were caught trying to dispose of python skins and crocodile skins respectively.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-07_Stropers met sewe olifanttande gearresteer_Republikein.pdf | 177.53 KB |
NAM_2021_07_Poachers arrested with seven elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 176.34 KB |
Vier mans tussen 20 en 46 jaar is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandag op vier renosterhorings beslag gelê het toe 'n minibus onderweg na Opuwo by 'n padblokkade deursoek is. Die minibus is kort ná drieuur die middag by 'n padblokkade op die Kamanjab-Werda-pad afgetrek. Die polisie sê in 'n misdaadverslag vier mans is vir die besit van beheerde wildprodukte in hegtenis geneem. Die oorsprong van die renosterhorings en die waarde daarvan is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Vier renosterhorings in minibus gevind_Republikein.pdf | 219.04 KB |
NAM_2021_07_Four rhino horns found in minibus_Republikein_Eng.pdf | 227.24 KB |
Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek_Republikein.pdf | 379.27 KB |
NAM_2021_07_Nine suspects arrested for game crime_Republikein_Eng.pdf | 283.64 KB |
’n Renoster is tussen Saterdagnag en Sondag by die Chudop-watergat naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is beide die renoster se horings verwyder. "Dit is die eerste renoster wat vanjaar in die park gestroop is. Die renoster is geskiet en die karkas is Sondag ontdek," het hy gesê. Die Chudop-watergat is sowat vyf kilometer suidwes van Namutoni geleë.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_06_Renoster in Etosha gestroop_Republikein.pdf | 345.07 KB |
NAM_2021_06_Rhino poached in Etosha_Republikein_Eng.pdf | 248.18 KB |
'n Renosterkalfie is steeds soek nadat haar ma, wat met die hand grootgemaak is, en nóg ‘n witrenoster die afgelope naweek op ‘n gasteplaas gestroop is. ‘n Hartseer mnr. Joachim Rust van Ghaub Nature Reserve and Farm het gister vertel hoe hulle die tweejarige Zanna in 2014 as 'n kalfie gered en met ‘n melkbottel moes grootmaak. Zanna se ma het ná swaar reën in diep modder op ‘n plaas naby Waterberg vasgeval en is van uitputting dood. Zanna se karkas is Sondag in die veld gevind. Sy is geskiet en onthoring. Haar kalfie van 18 maande kon nie opgespoor word nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_05_Renosters gestroop_kalfie soek_Republikein.pdf | 397.01 KB |
NAM_2021_05_Rhinos poached_calf search_Republikein_Eng.pdf | 299.13 KB |
By Okahao is beslag gelê op een kameelperdkarkas, een .303-geweer, twee haelgewere en 18 patrone nadat twee Angolese, mnre. John Mantilamena en Victory Andreas, en ’n Namibiër mnr. Abed Joseph verlede Dinsdag in hegtenis geneem is
At Okahao, one giraffe carcass, one .303 rifle, two shotguns and 18 cartridges were seized after two Angolan men. John Mantilamena and Victory Andreas, and a Namibian mr. Abed Joseph was arrested last Tuesday.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Twee Angolese vas oor kameelperdjag_Republikein.pdf | 300.76 KB |
NAM_2021_04_Two Angolans arrested for giraffe hunt_Republikein_Eng.pdf | 205.04 KB |
Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die karkas van 'n ver dragtige witrenosterkoei op Vrydag 2 April op 'n lodge in die Gobabis-distrik gevind is. Met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid is drie verdagtes, mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua, Sondag 4 April by 'n padblokkade buite Gobabis in hegtenis geneem. In hul besit was glo 'n jaggeweer en 22 patrone.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Vierde renosterstroper van Gobabis vas_Republikein.pdf | 325.68 KB |
NAM_2021_04_Gobabis fourth rhino poacher caught_Republikein_Eng.pdf | 326.41 KB |
Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook in hegtenis geneem.
The fourth alleged rhino poacher in the Gobabis case, Mr. Hamukoto Kanana Erastus, was also arrested.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Vierde renosterstroper van Gobabis_saak vas_Republikein.pdf | 312.67 KB |
NAM_2021_04_Fourth rhino poacher arrested in Gobabis case_Republikein_Eng.pdf | 218.44 KB |
Ses vermeende renosterstropers en een ivoorsmokkelaar is verlede week in hegtenis geneem. Die drie beskuldigdes van die stropery van 'n ver dragtige witrenosterkoei by 'n lodge in die Gobabis-distrik verlede naweek is mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua. Hulle is vasgetrek nadat boere, die K9-teenstropingseenheid en spoorsnyers hul spore tot by die informele nedersetting in Gobabis gevolg het waar hulle met voertuie gevlug het.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Ses vas vir renosterstropery_Republikein.pdf | 233.21 KB |
NAM_2021_04_Six arrested for rhino poaching_Republikein_Eng.pdf | 232.96 KB |
Drie vermeende renosterstropers met 'n vuurwapen is Saterdag met behulp van boere, spoorsnyers en die K9- teenstropingseenheid vasgetrek nadat die karkas van 'n dragtige witrenosterkoei Vrydag by 'n lodge in die Gobabis-distrik ontdek is.
Three suspected rhino poachers with a firearm were arrested on Saturday with the help of farmers, trackers and the K9 anti-poaching unit after the carcass of a pregnant white rhino cow was discovered at a lodge in the Gobabis district on Friday.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Spoorsnyers help renosterstropers vastrek_Republikein.pdf | 274.44 KB |
NAM_2021_04_Detectives help catch rhino poachers_Republikein_Eng.pdf | 274.3 KB |
Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is een van die beskuldigdes, mnr. Pendapala Herman, op borgtog uit in die opspraakwekkende saak van die diefstal van 33 renosterhorings op Outjo. Die ander twee beskuldigdes, is konstabel Michael Muronga, wat verbonde is aan die misdaadvoorkomingseenheid van die Namibiese polisie op Otjiwarongo, en mnr. Alfons Tjukuru van die Oshanastreek.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Drie in hof oor horing in kattebak_Republikein.pdf | 344.06 KB |
NAM_2021_03_Three in court over horn in trunk_Republikein Eng.pdf | 343.37 KB |
Ses mans is Saterdag in die omgewing van Kamanjab in verband met die onwettige jag van 'n kameelperd vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is die ses verdagtes omstreeks 19:40 Saterdag met die vleis van een kameelperd en 'n ongelisensieerde vuurwapen waarmee hulle glo die beskermde dier gejag het, in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab_Republikein.pdf | 352.85 KB |
NAM_2021_03_Six caught for giraffe hunting at Kamanjab_Republikein_Eng.pdf | 259.17 KB |
'n Ietermagôsmokkelaar is vanoggend in die Rundu-landdroshof tot 'n boete van N$200 000 of vier jaar agter tralies gevonnis. Joseph Mukuve is weens die oortreding van die onwettige handel in beheerde wildprodukte, naamlik een lewende ietermagô en twee -velle, ter waarde van sowat N$150 000 gevonnis.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_02_Ietermagosmokkelaar kry boete van NS200 000_Republikein.pdf | 239.7 KB |
NAM_2021_02_Pangolin smuggler fined NS 200 000_Republikein_Eng.pdf | 67.17 KB |
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Geen personeel betrokke by stropery_Republikein.pdf | 395.92 KB |
NAM_2021-02_No staff involved in poaching_Republikein_Eng.pdf | 320.33 KB |
Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat_Republikein.pdf | 344.59 KB |
NAM_2021-02_Wildlife poaching largely arrested in 2020_Republikein_Eng.pdf | 344.79 KB |
Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek en bly in aanhouding nadat 'n witrenosterbul in die Okahandja-distrik gestroop is. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag 8 Januarie op 'n private wildreservaat gevind. Hy het bevestig dit is die eerste renoster wat vanjaar in Namibië gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-01_Eerste renoster vanjaar gestroop_Republikein.pdf | 350.47 KB |
NAM_2021-01_First rhino poached this year_Republikein_Eng.pdf | 249.9 KB |
Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek nadat 'n witrenosterbul verlede week in die Okahandja-distrik gestroop is. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag, 8 Januarie op 'n private wildreservaat gevind.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_01_Ses vermeende renosterstropers vas_ Republikein.pdf | 139.66 KB |
NAM_2021_01_Six suspected rhino poachers arrested_Republikein_Eng.pdf | 140.14 KB |
Sedert die begin van die jaar het boere in die Kalkfeld-, Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing ’n gesamentlike verlies van meer as N$3,35 miljoen aan die diefstal van vee, wild en infrastruktuur gely. Die afgelope drie maande was die bloedigste en diewe het hier eiendom ter waarde van bykans N$1,1 miljoen weggedra. Sedert die begin van die jaar tot November, is in die Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing verliese van meer as N$1,65 miljoen weens diefstal by die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) aangemeld. Die forum, wat noukeurig sedert sy ontstaan…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020_12_Boere steier onder misdaad_Republikein.pdf | 437.92 KB |
NAM_2020_12_Farmers Stumble Under Crime_Republikein_Eng.pdf | 384.73 KB |
‘n Bejaarde man is gister by die Swakopmundrivier-plotte glo met ‘n ou renosterhoring en vyf stukke olifanttande in sy besit vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag volg die inhegtenisneming van die 69-jarige man nadat die volgende ander items ná ‘n soektog glo in sy besit gevind is: 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1- outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020_12_Renosterhoring_ivoor op Swakop-plot gevind_Republikein.pdf | 191.31 KB |
NAM_2020_12_Rhino horn_ivory found on Swakop plot_Republikein_Eng.pdf | 201.27 KB |
Die selfverklaarde profeet Jackson Babi en ’n medebeskuldigde wat glo polisieondersoekbeamptes met N$13 000 probeer omkoop het, sal volgende week in die hof pleit.
The self-proclaimed prophet Jackson Babi and a co-accused who allegedly tried to bribe police investigators with N $ 13 000, will plead in court next week.
’n Renosterverskalfie van slegs een jaar oud wat steeds aan haar ma gedrink het, is op ’n wildsplaas in die Gobabis-distrik gestroop.
A one-year-old rhino calf who was still drinking from her mother was poached on a game farm in the Gobabis district.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-10_Eenjarige renosterkalf gestroop_Republikein.pdf | 324.81 KB |
NAM_2020-10_One year old rhino calf poached_Republikein_Eng.pdf | 224.44 KB |
Vier maande gelede het Chinese staatsmedia aangekondig ietermagôskubbe is van tradisionele medisynelyste verwyder, maar navorsing weerspreek dat dié benadering in werklikheid toegepas word. Volgens ’n verslag getiteld “Smoke and Mirrors” van die Omgewingsondersoekagentskap (EIA) wat vandeesmaand gepubliseer is, word ietermagôprodukte steeds in tradisionele medisyne gebruik.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-10_China se rookskerm vir ietermagog_Republikein.pdf | 158.25 KB |
NAM_2020-10_Chinas smoke and mirror for pangolin_Republikein_Eng.pdf | 156.71 KB |
Een Angolese en ses Namibiese mans is verlede week by Mururani in verband met renosterstropery vasgetrek. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is ’n swartrenosterbul gekwes. "Weens die erge skietwonde moes 'n veearts ongelukkig die renoster uitsit," het De Klerk aan Republikein gesê.