This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
Attachment | Size |
---|---|
2024_04_NWP ernstig oor bewaring_Republikein.pdf | 64.53 KB |
NAM_2024_04_NWP serious about conservation_Republikein_Eng.pdf | 74.69 KB |
Verlede jaar was olifantstroperysyfers in Namibië die laagste sedert 2016. Skuldigbevindings is egter steeds ver agter arrestasies wat in stroperysake gemaak is. Volgens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is slegs vier olifante in 2022 gestroop vergeleke met 2016 se 101. Die volgende jaar het stroperyvoorvalle tot 50 afgeneem, terwyl 27 olifante in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt in 2021 gestroop is. Statistieke toon verder dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Olifantstropery die laagste sedert 2016_Republikein.pdf | 355.74 KB |
NAM_2023_07_Elephant poaching lowest since 2016_Republikein_Eng.pdf | 337.94 KB |
Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande. Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede. Inteendeel, groeiende bewyse dui op 'n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.
Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Drie in hegtenis vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 229.19 KB |
NAM_2023_01_Three arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 243.71 KB |
Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_77 renosters en 4 olifante in 2022 gestroop_Republikein.pdf | 349.9 KB |
NAM_2023_01_77 rhinos and 4 elephants poached in 2022_Republikein_Eng.pdf | 365.02 KB |
Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem. Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp. Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem. Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is - 'n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_12_Stropery_106 die jaar gearresteer_Republikein.pdf | 300.58 KB |
NAM_2022_12_Poaching_106 arrested this year_Republikein_Eng.pdf | 290.9 KB |
Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het agterdog oor die verdwyning van 'n dossier in 'n saak waarin 'n Chinese burger van wildmisdaad beskuldig word, in die kiem gesmoor. Xuecheng is na bewering in 2014 vasgetrek met 'n jagluiperd- en luiperdvel in sy besit en is aangekla van die onwettige handel in vier olifanttande. Hy is maande later weer in hegtenis geneem nadat 'n ietermagovel, 'n luiperdkop en sewe sebravelle glo in sy besit by die China Town-inkoopkompleks in Windhoek gevind is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_09_Dausab se oor verlore dossier_Republikein.pdf | 617.92 KB |
NAM_2022_09_Duasab says about lost dossier_Republikien_Eng.pdf | 499.5 KB |
Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022-06_142 in vyf skuldig jaar bevind aan stropery_Republikein.pdf | 650.42 KB |
NAM_2022_06_142 convicted in five years of poaching_Republikein_Eng.pdf | 407.36 KB |
Volgens die polisie se naweekmisdaadverslag wat vandag uitgereik is, is 'n 71-jarige man Donderdagoggend by 'n restaurant by die Swakopmund-kleinhoewes in hegtenis geneem nadat hy na bewering tydens ‘n lokval vier olifanttande aan polisiebeamptes probeer verkoop het. In 'n onverwante voorval is 'n 48-jarige Angolese burger dieselfde namiddag by Kahenge in hegtenis geneem vir die onwettige besit van twee ietermagôvelle ter waarde van 'n geskatte N$100 000.
Sodra die wêreld Covid-19 onder beheer kry, kan stropery - veral die stroping van olifante - weer die hoogte inskiet. Dit sal dan die opgeboude vraag na ivoor in die wêreld se swartmarkte moet inhaal. Mnr. Daniel Stiles, 'n onafhanklike ondersoeker wat dekades reeds spesialiseer in onwettige markte en handel in wild en wildprodukte, waarsku dat 'n onlangse styging in swartmarkprys vir ivoor in Viëtnam en China onrusbarende tekens is. Hy het die opmerkings in 'n verslag gemaak wat deel vorm van 'n reeks deur die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale, Georganiseerde Misdaad (GI-…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_09_Na virus kan stropers weer toeslaan_Republikein.pdf | 321.29 KB |
NAM_2021_09_After virus_poachers can strike again_Republikein_Eng.pdf | 320.52 KB |
Hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die vier olifante wat vanjaar in Namibië gestroop is nie, toon Namibië oor die afgelope agt jaar 'n sterk afname in die stroping van dié bosreuse. Volgens syfers wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bygehou word, blyk dit dat olifantstropery jaarliks verminder. Terwyl daar in 2016 tot bykans 101 olifante gestroop is, was dit in 2019 en 2020 onderskeidelik net 13 en 12 olifante.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Stryd teen olifantstropery werp vrugte af_Republikein.pdf | 337.07 KB |
NAM_2021_07_Fight against elephant poaching bears fruit_Republikein_Eng.pdf | 336.34 KB |
Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.
Two people were caught on Katima Mulilo and Kahenge with a total of seven elephant tusks in their possession, while two more people were caught trying to dispose of python skins and crocodile skins respectively.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-07_Stropers met sewe olifanttande gearresteer_Republikein.pdf | 177.53 KB |
NAM_2021_07_Poachers arrested with seven elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 176.34 KB |
Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek_Republikein.pdf | 379.27 KB |
NAM_2021_07_Nine suspects arrested for game crime_Republikein_Eng.pdf | 283.64 KB |
By Okahao is beslag gelê op een kameelperdkarkas, een .303-geweer, twee haelgewere en 18 patrone nadat twee Angolese, mnre. John Mantilamena en Victory Andreas, en ’n Namibiër mnr. Abed Joseph verlede Dinsdag in hegtenis geneem is
At Okahao, one giraffe carcass, one .303 rifle, two shotguns and 18 cartridges were seized after two Angolan men. John Mantilamena and Victory Andreas, and a Namibian mr. Abed Joseph was arrested last Tuesday.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Twee Angolese vas oor kameelperdjag_Republikein.pdf | 300.76 KB |
NAM_2021_04_Two Angolans arrested for giraffe hunt_Republikein_Eng.pdf | 205.04 KB |
Ses mans is Saterdag in die omgewing van Kamanjab in verband met die onwettige jag van 'n kameelperd vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is die ses verdagtes omstreeks 19:40 Saterdag met die vleis van een kameelperd en 'n ongelisensieerde vuurwapen waarmee hulle glo die beskermde dier gejag het, in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab_Republikein.pdf | 352.85 KB |
NAM_2021_03_Six caught for giraffe hunting at Kamanjab_Republikein_Eng.pdf | 259.17 KB |
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Geen personeel betrokke by stropery_Republikein.pdf | 395.92 KB |
NAM_2021-02_No staff involved in poaching_Republikein_Eng.pdf | 320.33 KB |
Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat_Republikein.pdf | 344.59 KB |
NAM_2021-02_Wildlife poaching largely arrested in 2020_Republikein_Eng.pdf | 344.79 KB |
‘n Bejaarde man is gister by die Swakopmundrivier-plotte glo met ‘n ou renosterhoring en vyf stukke olifanttande in sy besit vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag volg die inhegtenisneming van die 69-jarige man nadat die volgende ander items ná ‘n soektog glo in sy besit gevind is: 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1- outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020_12_Renosterhoring_ivoor op Swakop-plot gevind_Republikein.pdf | 191.31 KB |
NAM_2020_12_Rhino horn_ivory found on Swakop plot_Republikein_Eng.pdf | 201.27 KB |
'n Angolese man en twee Namibiërs is verlede week glo met twee olifanttande in hul besit vasgetrek.
An Angolan man and two Namibians were allegedly caught with two elephant tusks in their possession last week.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-09_Drie mans vas oor twee olifanttande_Republikein.pdf | 311.35 KB |
NAM_2020-09_Three men arrested for two elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 219.09 KB |
Altesaam 19 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en aangekla.
A total of 19 suspected wildlife criminals were arrested and charged last week.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-09_19 vir wildmisdaad aangekla_Republikein.pdf | 155.12 KB |
NAM_2020-09_19 charged with wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 52.35 KB |
’n Zambiese man, mnr. Tumone Biemba, is verlede week op Katima Mulilo glo met een olifanttand en 81 ietermagôskubbe vasgetrek.
A Zambian man, mr. Tumone Biemba, was allegedly caught on Katima Mulilo last week with one elephant tooth and 81 pangolin scales.
Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en ietermagôvel vasgetrek.
Two suspected wildlife criminals, Mr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje and David Simon, were allegedly caught last Monday in Windhoek with three pieces of ivory and one each leopard and pangolin skin.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-08_Twee met ivoor velle vasgetrek_Republikein.pdf | 223.19 KB |
NAM_2020-08_Two arrested with ivory_skins_republikein_Eng.pdf | 222.92 KB |
Namibië is as die tweede beste land in wildbewaring op die Megafauna Conservation Index (MCI) aangewys. Buurland Botswana is as die wenner uit 152 lande gekroon.
Namibia was named the second best country in wildlife conservation on the Megafauna Conservation Index (MCI). Neighboring Botswana was crowned the winner from 152 countries.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-08_Namibie tweede beste in wildbewaring_Republikein.pdf | 317.31 KB |
NAM_2020-08_Namibia second best in wildlife conservation_Republikein_Eng.pdf | 316.39 KB |
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 20 tot 26 Julie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem. Mnre. Murumbua Vetjesavi en Richard Kandjii is by Otjondjeka in hegtenis geneem en beslag is op twee renosterhorings en 'n voertuig gelê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Drie vas oor horings_Republikein.pdf | 321.41 KB |
NAM_2020-07_Three arrested for rhino horn_ivory_Republikein_Eng.pdf | 322.38 KB |
Een verdagte, mnr. Matheus Mukoya Katjire, is verlede Woensdag op Divundu in verband met olifantstropery of ivoorsmokkelary vasgetrek en twee olifanttande is gekonfiskeer.
A suspect, Mr. Matheus Mukoya Katjire, was arrested last Wednesday on Divundu in connection with elephant poaching or ivory smuggling and two elephant tusks were confiscated.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Drie vas oor renosterhorings_Republikein.pdf | 321.68 KB |
NAM_2020-07_Three arrested for rhino hornsand ivory_Republikein_Eng.pdf | 226.14 KB |
Tien verdagtes is in hegtenis geneem in verband met wildmisdaad en vier nuwe sake is aanhangig gemaak. Sewe van die verdagtes is in hegtenis geneem vir olifantstropery of -handel, terwyl ’n ander verdagte gearresteer is in verband met renosterstropery.
Ten suspects have been arrested in connection with game crime and four new cases have been filed. Seven of the suspects were arrested for elephant poaching or trafficking, while another suspect was arrested in connection with rhino poaching.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_10 vas vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 347.67 KB |
NAM_2020-07_10 arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 245.51 KB |
Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help, het reeds in 52 wildstroperysake verdagtes vasgetrek. Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het Woensdag in die hoofstad gesê in die mees onlangse voorval het vier honde van die eenheid, naamlik Alex, Benno, Baron en Nora, vermeende renosterstropers op ’n plaas aangrensend tot die Waterberg-platopark vasgetrek.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Honde trek menige wildstropers vas_Republikein.pdf | 342.65 KB |
NAM_2020-07_Dogs track many poachers down_Republikein_Eng.pdf | 343.87 KB |
Die weermag van Botswana (BDF) het vier stropers in drie afsonderlike voorvalle in die Okavango-delta doodgeskiet. Volgens 'n mediaverklaring van die BDF het die voorvalle oor sewe dae tussen 22 en 29 Junie plaasgevind toe heen en weer tussen die weermag en stopers geskiet is. "Die kontakgebiede was by Mombo, Kurunxaraga en die Selina-oorloop in die gebied van Linyanti. Daar is ’n onrusbarende oplewing van renosterstropery in die Okavango-delta en stropers volhard met genadelose taktieke met BDF-lede as teiken," lui die verklaring.
Attachment | Size |
---|---|
BOT_2020-07_Botswana skiet vier stropers_Republikein.pdf | 297.8 KB |
BOT_2020-07_Botswana shoots four poachers-Republikein_Eng.pdf | 348 KB |
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred Renatius Haipos Langendorf en Gotrieb Ndikwetepo Shishitwomunhu is op 30 Junie glo met twee olifanttande in hul besit in Windhoek in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag op 'n voertuig gelê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Twee vas oor olifanttande_Republikein.pdf | 222.05 KB |
NAM_2020-07_Two arrested with elephant tusks_Republikein.pdf | 222.02 KB |
Die Finansiële Aksie-taakmag beskryf in sy eerste verslag oor wildmisdaad dit as 'n internasionale bedreiging wat verbind kan word met georganiseerde misdaad soos slawerny, dwelm- en wapensmokkelary. Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fokus op die finansiële aspek van wildmisdaad en stel voor alle regerings moet wette op geldwassery implementeer. Die studie se bevindings is gebaseer op die insette van 50 lande, Namibië ingesluit, wat lid is van die Oostelike en Suider-Afrika Teengeldwasserygroep (ESAAMLG). 'n Totaal van 22 uit 45 lande het aangedui dat hulle…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Optrede teen wildstropery nodig_Republikein.pdf | 350.11 KB |
NAM_2020-07_Action against poaching needed_Republikein_Eng.pdf | 350.51 KB |
Die Namibiese polisie het verlede week op vyf olifanttande en een elk renosterhoring, ietermagôvel en ‘n voertuig beslag gelê.
Last week, Namibian police seized five elephant tusks and one rhinoceros horn, a pangolin skin and a vehicle.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-06_5 olifanttande 1 renosterhoring gekonfiskeer_Republikein.pdf | 311.84 KB |
NAM_2020-06_5 pieces of ivory and rhino horn confiscated_Republikein_Eng.pdf | 219.59 KB |
Geen afname in olifantstropery in Afrika. Ondanks nuwe navorsing deur Elephants Without Borders (EWB) wat aandui olifantstropery in Afrika toon sedert 2011 geen afname nie, is slegs twee olifante tot dusver vanjaar in Namibië gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is slegs twee olifante sover in 2020 in onderskeidelik die Zambezi- en Kunenestreek gestroop.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-06_Slegs twee olifante vanjaar gestroop_Republikein.pdf | 368.51 KB |
NAM_2020-06_Only two elephants were poached this year_Republikein_Eng.pdf | 367.22 KB |
Twee Namibiese mans, Jimmy Habate Gawaseb en Friedriek Stuurman, is op 2 Junie in die Kamanjab-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige jag van ‘n kameelperd in Augustus 2018.
Two Namibian men, Jimmy Habate Gawaseb and Friedriek Stuurman, were convicted in the Kamanjab Magistrate's Court on June 2 for illegally hunting a giraffe in August 2018.
Internasionale Biodiversiteitdag word jaarliks op 22 Mei volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Biologiese Diversiteit (UNCBD) herdenk.
International Biodiversity Day is commemorated annually on May 22, according to the United Nations Convention on Biological Diversity (UNCBD).
Twee Angolese burgers, mnre. Daniel en Jobe Kambinda, is verlede Donderdag glo met ses olifanttande, 'n koedoevel en 112 ystervarkpenne by Rundu in hegtenis geneem.
Two Angolan citizens, Messrs. Daniel and Jobe Kambinda were arrested last Thursday with six elephant teeth, a cow-hide and 112 porcupine pens at Rundu.
'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is verlede week glo met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars. Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-05_Buitelanders glo vas met olifanttande_Republikein.pdf | 223.44 KB |
NAM_2020-05_Foreigners arrested with elephant teeth_Republikein_Eng.pdf | 223.61 KB |
'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is glo verlede week met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.
Drie Angolese mans en 'n Namibiër is Saterdag glo met twee olifanttande en ietermagôprodukte in die Akati-nedersetting by Outapi vasgetrek.
Three Angolan men and a Namibian were reportedly apprehended in the Akati settlement at Outapi on Saturday with two elephant teeth and pangolin products.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Angolese glo met ivoor vasgtrek_Republikein.pdf | 222.6 KB |
NAM_2020-04_Angolans believed to be caught with ivory-Republikein_ENG.pdf | 222.69 KB |
Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig is by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_03_2020_Vier vas oor stukke ivoor_Republikein.pdf | 96.43 KB |
Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Die polisie het glo vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Vier vas oor stukke ivoor_Republikein.pdf | 228.96 KB |
Die Namibiërs Joseph Jacob en Bernhard Ndjamba Shipingana is verlede Maandag (18 Nov) op Rundu tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van N$25 000 elk gevonnis. Hulle het twee olifanttande gesmokkel en beslag is gelê op die voertuig wat hulle tydens die misdaad gebruik het.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-11_Vier oor ivoor gevonnis_Republikein.pdf | 4.32 MB |
Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat. Tydens hul borgtogaansoek Donderdag en Vrydag het al drie beskuldigdes getuig hulle was nooit bewus van die olifanttande se oorsprong nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg_Republikein_0.pdf | 143.92 KB |
Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg_Republikein.pdf | 143.92 KB |
Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke ontplooi. Só het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, verlede week by 'n slypskool vir wildmisdaadwetgewing aan ondersoekbeamptes en aanklaers in die hoofstad gesê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Teenstropery_ 280 polisielede veg saam_Republikein.pdf | 88.28 KB |
Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs,…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_13 vermeende wildmisdadigers vas_Republikein.pdf | 82.57 KB |
Die Namibiese polisie het verlede week drie olifanttande, twee -velle en een stuk ivoor gekonfiskeer.
Vier verdagtes is in verband met olifantstropery en -ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensieen ondersoekeenheid verskaf is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vier vas oor olifantprodukte_Republikein.pdf | 81.68 KB |
Geheime polisie het twee mans Saterdag op heterdaad betrap toe hulle glo twee olifanttande van die hand probeer sit het. Geen borgtog is Maandag aan mnre. Dirk Vermeulen (51) and Edgar Clark (41) toegestaan ná hulle die tande na bewering aan polisiebeamptes probeer verkwansel het nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap_Republikein.pdf | 92.67 KB |
'n Zambiese man is gister in Malengalenga in die Zambezistreer met een renosterhoring en een olifanttand deur die Nambiese polisie in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
ZAM_2019-08_Zambier vas met renosterhoring_ivoor_Republikein.pdf | 96.19 KB |
Drie mans is onlangs op twee verskillende plekke met ses olifanttande vasgetrek. Twee Angolese burgers, mnre. Abraham Mwetupunga en Velema Nghitila, is Sondag op Onandjmba glo met twee olifanttande in hegtenis geneem en 'n Namibiese man, mnr. Philips Kutenda Thikuma, glo met vier olifanttande op 6 Maart by Mukwe. Hulle is deel van die 14 wildmisdaadverdagtes wat volgens die wildmisdaadverslag van 6 tot 14 Maart in sewe wildmisdaadsake in hegtenis geneem is. By Kamanjab is vier Namibiese mans, mnre.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Drie mans vas oor ses olifanttande_Republikein.pdf | 219.54 KB |
NAM_2021_03_Three men arrested for six elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 219.87 KB |