Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 46 of 46
Wednesday, 27 March 2024
Moser K 2024. NWP ernstig oor bewaring.
Namibia Wildlife Protection se veldwagters ontvang opleiding in onder meer die hantering van wapens, taktiese bewegings en spoorsny. Namibia Wildlife Protection rangers receive training in, amongst others, weapons handling, tactical movements and tracking.
Friday, 21 July 2023
Smit E 2023. Olifantstropery die laagste sedert 2016.

Verlede jaar was olifantstroperysyfers in Namibië die laagste sedert 2016. Skuldigbevindings is egter steeds ver agter arrestasies wat in stroperysake gemaak is. Volgens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is slegs vier olifante in 2022 gestroop vergeleke met 2016 se 101. Die volgende jaar het stroperyvoorvalle tot 50 afgeneem, terwyl 27 olifante in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt in 2021 gestroop is. Statistieke toon verder dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in…

Tuesday, 11 April 2023
Hattingh E 2023. Smokkel wildprodukte saam met ander items.

Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande. Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede. Inteendeel, groeiende bewyse dui op 'n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.

Sunday, 15 January 2023
Smit E 2023. Drie in hegtenis vir wildmisdaad.

Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.

Friday, 13 January 2023
Smit E 2023. 77 renosters, 4 olifante in 2022 gestroop.

Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.

Thursday, 1 December 2022
Smit E 2022. Stropery - 106 die jaar gearresteer.

Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem. Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp. Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem. Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is - 'n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.

Thursday, 22 September 2022
Kruger K 2022. Dausab se oor verlore dossier.

Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het agterdog oor die verdwyning van 'n dossier in 'n saak waarin 'n Chinese burger van wildmisdaad beskuldig word, in die kiem gesmoor. Xuecheng is na bewering in 2014 vasgetrek met 'n jagluiperd- en luiperdvel in sy besit en is aangekla van die onwettige handel in vier olifanttande. Hy is maande later weer in hegtenis geneem nadat 'n ietermagovel, 'n luiperdkop en sewe sebravelle glo in sy besit by die China Town-inkoopkompleks in Windhoek gevind is.

Friday, 17 June 2022
Smit E 2022. 142 in vyf jaar skuldig bevind aan stropery.

Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.

Sunday, 12 December 2021
2021. Misdaadverslag - Verdagtes betrap met olifanttande en ietermagôvelle.

Volgens die polisie se naweekmisdaadverslag wat vandag uitgereik is, is 'n 71-jarige man Donderdagoggend by 'n restaurant by die Swakopmund-kleinhoewes in hegtenis geneem nadat hy na bewering tydens ‘n lokval vier olifanttande aan polisiebeamptes probeer verkoop het. In 'n onverwante voorval is 'n 48-jarige Angolese burger dieselfde namiddag by Kahenge in hegtenis geneem vir die onwettige besit van twee ietermagôvelle ter waarde van 'n geskatte N$100 000.

Thursday, 30 September 2021
Hattingh E 2021. Ná virus kan stropers weer toeslaan: Olifantstropery op rekordlaagte.

Sodra die wêreld Covid-19 onder beheer kry, kan stropery - veral die stroping van olifante - weer die hoogte inskiet. Dit sal dan die opgeboude vraag na ivoor in die wêreld se swartmarkte moet inhaal. Mnr. Daniel Stiles, 'n onafhanklike ondersoeker wat dekades reeds spesialiseer in onwettige markte en handel in wild en wildprodukte, waarsku dat 'n onlangse styging in swartmarkprys vir ivoor in Viëtnam en China onrusbarende tekens is. Hy het die opmerkings in 'n verslag gemaak wat deel vorm van 'n reeks deur die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale, Georganiseerde Misdaad (GI-…

Tuesday, 27 July 2021
Hattingh E 2021. Stryd teen olifantstropery werp vrugte af.

Hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die vier olifante wat vanjaar in Namibië gestroop is nie, toon Namibië oor die afgelope agt jaar 'n sterk afname in die stroping van dié bosreuse. Volgens syfers wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bygehou word, blyk dit dat olifantstropery jaarliks verminder. Terwyl daar in 2016 tot bykans 101 olifante gestroop is, was dit in 2019 en 2020 onderskeidelik net 13 en 12 olifante.

Friday, 23 July 2021
Hattingh E 2021. Stropers met sewe olifanttande gearresteer.

Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.

Two people were caught on Katima Mulilo and Kahenge with a total of seven elephant tusks in their possession, while two more people were caught trying to dispose of python skins and crocodile skins respectively.

Friday, 16 July 2021
Smit E 2021. Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek.

Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…

Wednesday, 24 February 2021
Steynberg F 2021. 'Geen personeel betrokke by stropery'.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.

Thursday, 11 February 2021
Steynberg F 2021. Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat.

Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.

Sunday, 27 December 2020
2020. Renosterhoring, ivoor op Swakop-plot gevind.

‘n Bejaarde man is gister by die Swakopmundrivier-plotte glo met ‘n ou renosterhoring en vyf stukke olifanttande in sy besit vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag volg die inhegtenisneming van die 69-jarige man nadat die volgende ander items ná ‘n soektog glo in sy besit gevind is: 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1- outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.

Wednesday, 30 September 2020
2020. Drie mans vas oor twee olifanttande.

'n Angolese man en twee Namibiërs is verlede week glo met twee olifanttande in hul besit vasgetrek.

An Angolan man and two Namibians were allegedly caught with two elephant tusks in their possession last week.

Tuesday, 15 September 2020
Steynberg F 2020. 19 vir wildmisdaad aangekla.

Altesaam 19 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en aangekla.

A total of 19 suspected wildlife criminals were arrested and charged last week.

Tuesday, 1 September 2020
Steynberg F 2020. Zambiër vas met ivoor, 81 ietermagôskubbe.

’n Zambiese man, mnr. Tumone Biemba, is verlede week op Katima Mulilo glo met een olifanttand en 81 ietermagôskubbe vasgetrek.

A Zambian man, mr. Tumone Biemba, was allegedly caught on Katima Mulilo last week with one elephant tooth and 81 pangolin scales.

Tuesday, 11 August 2020
2020. Twee met ivoor, velle vasgetrek.

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en ietermagôvel vasgetrek.

Two suspected wildlife criminals, Mr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje and David Simon, were allegedly caught last Monday in Windhoek with three pieces of ivory and one each leopard and pangolin skin.

Tuesday, 4 August 2020
Steynberg F 2020. Namibië tweede beste in wildbewaring.

Namibië is as die tweede beste land in wildbewaring op die Megafauna Conservation Index (MCI) aangewys. Buurland Botswana is as die wenner uit 152 lande gekroon.

Namibia was named the second best country in wildlife conservation on the Megafauna Conservation Index (MCI). Neighboring Botswana was crowned the winner from 152 countries.

Thursday, 30 July 2020
2020. Drie vas oor horings, ivoor.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 20 tot 26 Julie van die Namibiese polisie en die ministerie van die ­omgewing, bosbou en toerisme, is twee ­verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem. Mnre. Murumbua Vetjesavi en Richard Kandjii is by Otjondjeka in ­hegtenis geneem en beslag is op twee renosterhorings en 'n voertuig gelê.

Tuesday, 28 July 2020
2020. Drie vas oor renosterhorings, ivoor.

Een verdagte, mnr. Matheus Mukoya Katjire, is verlede Woensdag op Divundu in verband met olifantstropery of ivoorsmokkelary vasgetrek en twee olifanttande is gekonfiskeer.

A suspect, Mr. Matheus Mukoya Katjire, was arrested last Wednesday on Divundu in connection with elephant poaching or ivory smuggling and two elephant tusks were confiscated.

Wednesday, 22 July 2020
Smit E 2020. 10 vas vir wildmisdaad.

Tien verdagtes is in hegtenis geneem in verband met wildmisdaad en vier nuwe sake is aanhangig gemaak. Sewe van die verdagtes is in hegtenis geneem vir olifantstropery of -handel, terwyl ’n ander verdagte gearresteer is in verband met renosterstropery.

Ten suspects have been arrested in connection with game crime and four new cases have been filed. Seven of the suspects were arrested for elephant poaching or trafficking, while another suspect was arrested in connection with rhino poaching.

Friday, 10 July 2020
Steynberg F 2020. Honde trek menige wildstropers vas - Teenstropery-eenheid suksesvol.

Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help, het reeds in 52 wildstroperysake verdagtes vasgetrek. Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het Woensdag in die hoofstad gesê in die mees onlangse voorval het vier honde van die eenheid, naamlik Alex, Benno, Baron en Nora, vermeende renosterstropers op ’n plaas aangrensend tot die Waterberg-platopark vasgetrek.

Thursday, 9 July 2020
Steynberg F 2020. Botswana skiet vier stropers - Ondersoek na vreemde olifantsterftes.

Die weermag van Botswana (BDF) het vier stropers in drie afsonderlike voorvalle in die Okavango-delta doodgeskiet. Volgens 'n mediaverklaring van die BDF het die voorvalle oor sewe dae tussen 22 en 29 Junie plaasgevind toe heen en weer tussen die weermag en stopers geskiet is. "Die kontakgebiede was by Mombo, Kurunxaraga en die Selina-oorloop in die gebied van Linyanti. Daar is ’n onrusbarende oplewing van renosterstropery in die Okavango-delta en stropers volhard met genadelose taktieke met BDF-lede as teiken," lui die verklaring.

Wednesday, 8 July 2020
2020. Twee vas oor olifanttande.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred Renatius Haipos Langendorf en Gotrieb Ndikwetepo Shishitwomunhu is op 30 Junie glo met twee olifanttande in hul besit in Windhoek in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag op 'n voertuig gelê.

Monday, 6 July 2020
Smit E 2020. Optrede teen wildstropery nodig - Implementeer toepaslike wette.

Die Finansiële Aksie-taakmag beskryf in sy eerste verslag oor wildmisdaad dit as 'n internasionale bedreiging wat verbind kan word met georganiseerde misdaad soos slawerny, dwelm- en wapensmokkelary. Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fokus op die finansiële aspek van wildmisdaad en stel voor alle regerings moet wette op geldwassery implementeer. Die studie se bevindings is gebaseer op die insette van 50 lande, Namibië ingesluit, wat lid is van die Oostelike en Suider-Afrika Teengeldwasserygroep (ESAAMLG). 'n Totaal van 22 uit 45 lande het aangedui dat hulle…

Tuesday, 30 June 2020
2020. 5 olifanttande, 1 renosterhoring gekonfiskeer.

Die Namibiese polisie het verlede week op vyf olifanttande en een elk renosterhoring, ietermagôvel en ‘n voertuig beslag gelê.

Last week, Namibian police seized five elephant tusks and one rhinoceros horn, a pangolin skin and a vehicle.

Friday, 26 June 2020
Steynberg F 2020. Slegs twee olifante vanjaar gestroop.

Geen afname in olifantstropery in Afrika. Ondanks nuwe navorsing deur Elephants Without Borders (EWB) wat aandui olifantstropery in Afrika toon sedert 2011 geen afname nie, is slegs twee olifante tot dusver vanjaar in Namibië gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is slegs twee olifante sover in 2020 in onderskeidelik die Zambezi- en Kunenestreek gestroop.

Thursday, 21 May 2020
2020. Internasionale Biodiversiteitdag môre herdenk.

Internasionale Biodiversiteitdag word jaarliks op 22 Mei volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Biologiese Diversiteit (UNCBD) herdenk.

International Biodiversity Day is commemorated annually on May 22, according to the United Nations Convention on Biological Diversity (UNCBD).

Saturday, 16 May 2020
2020. 2 Angolese glo vas met 6 olifanttande.

Twee Angolese burgers, mnre. Daniel en Jobe Kambinda, is verlede Donderdag glo met ses olifanttande, 'n koedoevel en 112 ystervarkpenne by Rundu in hegtenis geneem.

Two Angolan citizens, Messrs. Daniel and Jobe Kambinda were arrested last Thursday with six elephant teeth, a cow-hide and 112 porcupine pens at Rundu.

Friday, 8 May 2020
2020. Buitelanders glo vas met olifanttande - Twee luiperdvelle gekonfiskeer.

'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is verlede week glo met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars. Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is.

Tuesday, 5 May 2020
2020. Twee buitelanders vas oor ses olifanttande.

'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is glo verlede week met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.

Monday, 6 April 2020
2020. Angolese glo met ivoor vasgtrek.

Drie Angolese mans en 'n Namibiër is Saterdag glo met twee olifanttande en ietermagôprodukte in die Akati-nedersetting by Outapi vasgetrek.

Three Angolan men and a Namibian were reportedly apprehended in the Akati settlement at Outapi on Saturday with two elephant teeth and pangolin products.

Thursday, 26 March 2020
2020. Vier vas oor stukke ivoor.

Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig is by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.

Tuesday, 24 March 2020
2020. Vier vas oor stukke ivoor.

Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Die polisie het glo vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.

Wednesday, 20 November 2019
Steynberg F 2019. Vier oor ivoor gevonnis: NDF-soldate vas oor horing.

Die Namibiërs Joseph Jacob en Bernhard Ndjamba Shipingana is verlede Maandag (18 Nov) op Rundu tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van N$25 000 elk gevonnis. Hulle het twee olifanttande gesmokkel en beslag is gelê op die voertuig wat hulle tydens die misdaad gebruik het.

Monday, 23 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg.

Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat. Tydens hul borgtogaansoek Donderdag en Vrydag het al drie beskuldigdes getuig hulle was nooit bewus van die olifanttande se oorsprong nie.

Monday, 23 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg - Streng voorwaardes geld.

Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat.

Wednesday, 18 September 2019
Steynberg F 2019. Teenstropery: 280 polisielede veg saam - Twee karkasse van renosters op plaas ontdek.

Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke ontplooi. Só het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, verlede week by 'n slypskool vir wildmisdaadwetgewing aan ondersoekbeamptes en aanklaers in die hoofstad gesê.

Tuesday, 17 September 2019
2019. 13 vermeende wildmisdadigers vas.

Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs,…

Monday, 9 September 2019
2019. Vier vas oor olifantprodukte.

Die Namibiese polisie het verlede week drie olifanttande, twee -velle en een stuk ivoor gekonfiskeer. 
Vier verdagtes is in verband met olifantstropery en -ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensieen ondersoekeenheid verskaf is.

Thursday, 5 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap.

Geheime polisie het twee mans Saterdag op heterdaad betrap toe hulle glo twee olifanttande van die hand probeer sit het. Geen borgtog is Maandag aan mnre. Dirk Vermeulen (51) and Edgar Clark (41) toegestaan ná hulle die tande na bewering aan polisiebeamptes probeer verkwansel het nie.

Thursday, 15 August 2019
2019. Zambiër vas met renosterhoring, ivoor.

'n Zambiese man is gister in Malengalenga in die Zambezistreer met een renosterhoring en een olifanttand deur die Nambiese polisie in hegtenis geneem.

Steynberg F 2021. Drie mans vas oor ses olifanttande.

Drie mans is onlangs op twee verskillende plekke met ses olifanttande vasgetrek. Twee Angolese burgers, mnre. Abraham Mwetupunga en Velema Nghitila, is Sondag op Onandjmba glo met twee olifanttande in hegtenis geneem en 'n Namibiese man, mnr. Philips Kutenda Thikuma, glo met vier olifanttande op 6 Maart by Mukwe. Hulle is deel van die 14 wildmisdaadverdagtes wat volgens die wildmisdaadverslag van 6 tot 14 Maart in sewe wildmisdaadsake in hegtenis geneem is. By Kamanjab is vier Namibiese mans, mnre.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...