Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 36 of 36
Tuesday, 27 February 2024
Steynberg F 2024. Vee- en wildboere ly reuse-verliese.
'n Omvattende ontleding deur die Lewendehaweprodusenteorganisasie (LPO) toon verbysterende verliese van byna N$14,4 miljoen wat deur roofdiere, diefstal, droogte-verwante siektes en rampe asook probleemdiere in 2023 veroorsaak is. Hierdie astronomiese bedrag spruit uit slegs 1 248 voorvalle wat deur LPO-lede gerapporteer is, wat ‘n fraksie van die totale veesektor verteenwoordig, volgens die Namibië Landbou-unie (NLU). "Boere voel moedeloos omdat niks aan hul situasie gedoen word nie en daarom is die rapportering baie laag.
Friday, 9 February 2024
van der Walt I-M 2024. 'Gewoontestropers' vrygelaat.

Die twee mans wat tereggestaan het op aanklagte van stropery, Hermanus Kharugab en Ashley Eiseb, is ingevolge 'n uitspraak in 'n hersieningsaansoek in die hoërhof in Windhoek vrygelaat. Eiseb, wat volgens 'n lid van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum, 'n "groot probleem is", en Kharugab is in November verlede jaar in hegtenis geneem ná hulle glo 'n motor gehuur het om wild in die Okahandja-omgewing te stroop. Regters Boas Usiku en Naomi Shivute het die skuldigbevindings en vonnisse teen beide mans tersyde gestel en beveel dat hulle uit aanhouding vrygelaat moet word.

Wednesday, 10 January 2024
Bause T 2024. Beweerde stropery in Namib-Naukluft.

Die 49-jarige Leon Schiffer het Maandag in die landdroshof op Maltahöhe verskyn. Hy word van stropery in die Namib-Naukluft Nasionale Park (in die Sesriem-distrik) aangekla. Luidens verlede naweek se polisieverslag is Schiffer op 5 Januarie omstreeks 10:00 saam met nog 'n verdagte (32) in hegtenis geneem - volgens inligting van die landdroskantoor in Maltahöhe was dit 'n sekere "Gariseb". Die twee het glo nege gemsbokke gestroop.

Tuesday, 12 September 2023
Smit E 2023. Broers in heftenis oor 'onwettige wildvangery'.

Die twee Lombaard-broers wat die Golden Game-wildboerdery-, vang- en uitvoeronderneming
in Mariental gestig het, sal vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn vir ’n formele aansoek
om borgtog op aanklagte van die onwettige vang en vervoer van wild ter waarde van N$817 000.

The two Lombaard brothers, who founded the Golden Game game farming, trapping and
exporting business in Mariental, will appear in the magistrate's court at Gobabis today for a
formal application for bail on charges of the illegal capture and transport of game to value of
N$817…

Monday, 4 September 2023
Hattingh E 2023. 'Vee-, wilddiefstal-probleem oorweldigend'.

Omaruru-boere sê gemsbokke in dié omgewing is so te sê uitgeroei en dat hulle bekommerd is oor die impak op die toerismebedryf. 

Omaruru farmers say chamois in this area have been virtually eradicated and that they are worried about the impact on the tourism industry.

Thursday, 24 August 2023
Hattingh E 2023. Stropers loop 60km vir gemsbok.

'n Boer en verskeie plaaswerkers in die Omatjette-omgewing moes die afgelope naweek die handdoek ingooi nadat hulle vir langer as tien ure tevergeefs op die spoor van gemsbokstropers was. Die stropers het na raming minstens 60 km geloop om een gemsbok te slag. Volgens die boer op wie se plaas geslag is, is daar so ver gestap omdat daar moontlik nie meer wild op nabygeleë plase oor is nie.

Wednesday, 23 August 2023
Bause T 2023. Al meer strikke in Etosha gestel.

"Ons kan nie die mense verwyder nie; hulle is deel van die park. Ons moet net kyk hoe ons kan verseker dat hulle die reëls nakom.

Friday, 21 July 2023
Hattingh E 2023. Otjiwarongo-boer ontdek slagtersnes.

'n Boer het die afgelope week 14 gestroopte gemsbokke op sy plaas gevind, terwyl hy reeds
40 draadstrikke verwyder het.

A farmer found 14 poached oryx on his farm in the past week, while he had already
removed 40 wire snares.

Tuesday, 11 April 2023
Hattingh E 2023. Smokkel wildprodukte saam met ander items.

Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande. Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede. Inteendeel, groeiende bewyse dui op 'n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.

Thursday, 9 February 2023
Smit E 2023. Natuurbeamte vas oor beweerde stroping.

'n Beampte van die ministerie van omgewing en toerisme en nóg drie verdagtes is in hegtenis geneem ná hulle vermoedelik 'n blouwildebees onwettig in die Daan Viljoenpark naby Windhoek gejag het. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê die arrestasies het Dinsdag by die padblokkade tussen Daan Viljoen geskied.

Thursday, 1 December 2022
Smit E 2022. Stropery - 106 die jaar gearresteer.

Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem. Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp. Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem. Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is - 'n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.

Thursday, 22 September 2022
Kruger K 2022. Dausab se oor verlore dossier.

Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het agterdog oor die verdwyning van 'n dossier in 'n saak waarin 'n Chinese burger van wildmisdaad beskuldig word, in die kiem gesmoor. Xuecheng is na bewering in 2014 vasgetrek met 'n jagluiperd- en luiperdvel in sy besit en is aangekla van die onwettige handel in vier olifanttande. Hy is maande later weer in hegtenis geneem nadat 'n ietermagovel, 'n luiperdkop en sewe sebravelle glo in sy besit by die China Town-inkoopkompleks in Windhoek gevind is.

Wednesday, 17 August 2022
Nangolo N 2022. Vermeende stroper in been geskiet.

'n Vermeende stroper is Sondag op die plaas Kaliombo in die Karibib-omgewing in die been geskiet. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 65-jarige plaaseienaar omstreeks 23:45 die honde hoor blaf. Veiligheidswagte van K-Sapu het hom ingelig oor vermeende stropers op sy eiendom. Die boer het ondersoek gaan instel en drie mans met vleis gewaar. Die verdagtes was met assegaaie en 'n byl gewapen. Hulle het ook drie honde by hulle gehad. Die verdagtes het na bewering probeer om die boer aan te val.

Tuesday, 26 July 2022
Hattingh E 2022. Honderde duisende se vee, wild gestroop.

Boere het gister by die landdroshof op Karibib saamgekom om te probeer verhoed dat borgtog aan vermeende vee- en wildstropers toegestaan word. Dit volg nadat daar in die week tussen volmaan en 21 Julie beeste ter waarde van N$135 000, gemsbokke van N$60 000 en sebras van N$9 000 in die omgewing van Otjiwarongo, Karibib en Omaruru gesteel is. 

Tuesday, 29 March 2022
Bause T 2022. Draadstrikke aan die toeneem.

Volgens dr. Ulf Tubbesing het sy span in die laaste twee jaar vyf vlakvarke van draadstrikke bevry.

According to dr. Ulf Tubbesing, his team has freed five warthogs from wire traps in the last two years.

Monday, 13 December 2021
Hattingh E 2021. Vermeende stropers val NCPF-lede aan.

Lede van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) het die afgelope Donderdagoggend in lewensgevaar verkeer nadat hulle 'n voertuig, met vermoedelik gesteelde wildsvleis daarin, agterna gesit het. Hulle het die motor as die eiendom van 'n "bekende verdagte" op Witvlei herken. Die motor het teen klippe in Witvlei se nuwe informele nedersetting vasgery, waarna twee insittendes uitgespring en weggehardloop het.

Tuesday, 23 November 2021
Hattingh E 2021. Bloedbad op plase.

Honde wat skape tydens strooptogte verskeur, lewende beeste waarvan die hakskene afgekap is en of wat in draadstrukke wurg, asook wild wat met assegaaie gesteek word en lydsaam vrek - dit is aan die orde van die dag op Namibiese plase. Selfs dragtige diere word nie deur stropers en diewe gespaar nie, terwyl landbouers net magteloos moet toekyk. Meer as 90 mense oraloor die land het Republikein die afgelope twee weke gekontak nadat vrae as deel van ‘n informele opname in die sosiale media oor vee- en wilddiefstal gestel is.

Tuesday, 26 October 2021
Hattingh E 2021. Witvlei-boere: Regstelsel faal ons.

Boere in die Witvlei-omgewing is opnuut moedeloos met 'n vlaag van vee- en wildmisdaad oor die afgelope maand, terwyl hulle sê die regstelsel misluk daarin om enige beskerming aan hulle of hul eiendom te bied.

Farmers in the Witvlei area are once again discouraged with a spate of livestock and game crime over the past month, saying the legal system is failing to provide any protection to them or their property.

Friday, 16 July 2021
Smit E 2021. Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek.

Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…

Monday, 28 December 2020
Hattingh E 2020. Boere steier onder misdaad - Miljoene se vee, wild in 2020 gesteel.

Sedert die begin van die jaar het boere in die Kalkfeld-, Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing ’n gesamentlike verlies van meer as N$3,35 miljoen aan die diefstal van vee, wild en infrastruktuur gely. Die afgelope drie maande was die bloedigste en diewe het hier eiendom ter waarde van bykans N$1,1 miljoen weggedra. Sedert die begin van die jaar tot November, is in die Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing verliese van meer as N$1,65 miljoen weens diefstal by die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) aangemeld. Die forum, wat noukeurig sedert sy ontstaan…

Thursday, 8 October 2020
2020. Angolese, Zambiërs vas oor wildmisdaad.

Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en sewe nuwe sake is aanhangig gemaak.

A total of 14 suspected wildlife criminals were arrested last week and seven new cases were filed.

Tuesday, 15 September 2020
Steynberg F 2020. 19 vir wildmisdaad aangekla.

Altesaam 19 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en aangekla.

A total of 19 suspected wildlife criminals were arrested and charged last week.

Wednesday, 5 August 2020
2020. Vyf gemsbokke in Namib-Naukluft gestroop.

Vier Namibiese mans het Maandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn nadat hulle die naweek glo vyf gemsbokke onwettig in die Namib-Naufkluftpark gejag het.

Four Namibian men appeared in the Walvis Bay Magistrate's Court on Monday after they allegedly hunted five gemsboks illegally in the Namib-Naufkluft Park over the weekend.

Tuesday, 4 August 2020
Steynberg F 2020. Namibië tweede beste in wildbewaring.

Namibië is as die tweede beste land in wildbewaring op die Megafauna Conservation Index (MCI) aangewys. Buurland Botswana is as die wenner uit 152 lande gekroon.

Namibia was named the second best country in wildlife conservation on the Megafauna Conservation Index (MCI). Neighboring Botswana was crowned the winner from 152 countries.

Monday, 6 July 2020
Smit E 2020. Optrede teen wildstropery nodig - Implementeer toepaslike wette.

Die Finansiële Aksie-taakmag beskryf in sy eerste verslag oor wildmisdaad dit as 'n internasionale bedreiging wat verbind kan word met georganiseerde misdaad soos slawerny, dwelm- en wapensmokkelary. Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fokus op die finansiële aspek van wildmisdaad en stel voor alle regerings moet wette op geldwassery implementeer. Die studie se bevindings is gebaseer op die insette van 50 lande, Namibië ingesluit, wat lid is van die Oostelike en Suider-Afrika Teengeldwasserygroep (ESAAMLG). 'n Totaal van 22 uit 45 lande het aangedui dat hulle…

Tuesday, 23 June 2020
2020. Vier vas oor jag van koedoes, gemsbok  .

Vier Namibiese mans is verlede Donderdag by Karasburg in hegtenis geneem met glo een gemsbok- en drie koedoekarkasse in hul besit.

Four Namibian men were arrested last Thursday in Karasburg with one oryx and three kudu carcasses in their possession.

Tuesday, 16 June 2020
2020. Man vas met twee erdvarkkarkasse.

'n Namibiese man, mnr. Harry Garoeb, is Saterdag by Outjo glo met twee erdvarkkarkasse in hegtenis geneem.

A Namibian man, Mr. Harry Garoeb, was allegedly arrested on Saturday at Outjo with two aardvark carcasses.

Tuesday, 2 June 2020
2020. Wild- en veediewe teiken Omaruru-boere.

Omaruru se boere loop deur onder wild- en veediewe.

Omaruru's farmers targeted by wildlife and livestock thieves.

Wednesday, 6 May 2020
Bause T 2020. Vyf gemsbokke die naweek gestroop.

Sestien vermeende stropers in hegtenis geneem. Die Namibiese polisie het ná ’n jaagtog van ongeveer 70 km op ’n grondpad drie mans in hegtenis geneem en op vier gemsbokkarkasse, ’n bakkie, twee jaggewere, messe en ’n byl beslag gelê.

Namibia police have arrested three men on a gravel road for about 70km and seized four deer carcasses, a pickup truck, two hunting rifles, knives and an ax.

Thursday, 23 April 2020
2020. Man glo vas met twee muskeljaatkatvelle.

Beslag is op altesaam 63 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.

A total of 63 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.

Tuesday, 21 April 2020
2020. Wildmisdaad: 64 patrone gekonfiskeer.

Beslag is op altesaam 64 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.

A total of 64 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.

Thursday, 16 April 2020
2020. Man vas oor twee skilpaaie.

Wildmisdaad het tydens die Covid-19-hoktyd afgeneem met net een saak aangemeld en twee Namibiese mans wat in hegtenis geneem is. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag is mnr. Jason Hamutenya verlede Dinsdag op Usakos glo met twee lewende skilpaaie in sy besit vasgetrek. Die ander vermeende wildmisdadiger, mnr. Matias Kaurikengererua is verlede Woensdag by Osire in verband met die sameswering om 'n renoster te stroop, in hegtenis geneem.

Thursday, 20 February 2020
2020. Six suspected smugglers get bail.

The alleged rhino poachers mr. Mapole Tjipopyeni, Thomas Eino, Hofni Mengeri and Petena Karure appeared in court last Monday at Omaruru for the start of their trial.

Tuesday, 17 September 2019
2019. 13 vermeende wildmisdadigers vas.

Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs,…

Wednesday, 14 August 2019
Steynberg F 2019. 19 vas oor wildmisdaad.

Volgens statistieke wat deur die polisie-eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing en toerisme se eenheid vir intelligensie en ondersoeke vir wildmisdaad in Augustus saamgestel is, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem. 

Hattingh E 2021. Teenstropingseenhede 'kan nie voorbly'.

"Daar gaan nie ‘n aand verby waar daar nie iewers gestroop word nie. Ek kan nie voorbly nie, die ding ruk handuit. Dis ‘n bekommernis." Só sê mnr. Rickus Spangenberg van Windhoek K9 Academy, wat honde oplei om die spoor van vee- en wilddiewe te sny en hulle vas te trek.

"Not a night goes by where there is no poaching anywhere. I can not keep up, the thing gets out of hand. It's a concern." So says Mr. Rickus Spangenberg of Windhoek K9 Academy, who trains dogs to follow the tracks of livestock and game thieves and catch them.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...