Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 151 - 200 of 202
Wednesday, 10 June 2020
Steynberg F 2020. Pastoor in Gobabis-hof oor renosterstropery - Bly in aanhouding.

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries het Maandag in die landdroshof op Gobabis op nóg 'n klag van renosterstropery verskyn. Dit volg nadat die selfverklaarde profeet verbind word met 'n sindikaat van minstens agt beskuldigdes wat glo verantwoordelik is vir die stropery van vier renosters op twee verskillende plase in die Gobabis-distrik.

Friday, 5 June 2020
Steynberg F 2020. Ses vir sameswering van renosterstropery gevonnis.

Ses Namibiese mans is verlede Woensdag in die Okahandja-landdroshof vir die sameswering om 'n renoster te stroop en die oortreding van die wet op vuurwapens en ammunisie gevonnis.

Six Namibian men were sentenced on Wednesday in Okahandja Magistrate's Court for conspiring to poach a rhino and violating the firearms and ammunition law.

Thursday, 4 June 2020
Steynberg F 2020. Renosterkarkasse word met sindikaat verbind.

Net voor die vermeende renosterstropers, pastoor Jackson Babi (30) en die 25-jarige mnr. Frizans Dumeni, gisteroggend in die Windhoek-landdroshof vir hul borgtogaansoek verskyn het, het 'n boer laat weet nóg twee witrenosterkarkasse is op 'n plaas in die Gobabis-distrik gevind.

Wednesday, 3 June 2020
2020. Geen borgtog vir Babi en kie.

Die selfverklaarde profeet, pastoor Jackson Babi (30), bly in aanhouding en moet boonop volgende Maandag in die Gobabis-landdroshof op 'n klag van renosterstropery verskyn. Babi het vanoggend saam met sy medebeskuldigde, mnr. Frizans Dumeni, verskyn, maar hul borgtogaansoek het 'n wending geneem toe staatsaanklaer Rowan van Wyk gesê het dat Babi op Maandag 8 Junie in die Gobabis-landdroshof op 'n klag van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild ('n renoster) moet verskyn.

Tuesday, 2 June 2020
2020. Wild- en veediewe teiken Omaruru-boere.

Omaruru se boere loop deur onder wild- en veediewe.

Omaruru's farmers targeted by wildlife and livestock thieves.

Tuesday, 2 June 2020
2020. Elf vas oor 'renosterstropery'.

Altesaam elf verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary vasgetrek.

A total of eleven suspects were arrested in connection with rhino poaching or horn smuggling last week.

Monday, 1 June 2020
2020. Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof.

Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild ('n renoster) en geldwassery verskyn.

Messrs. Alberto Mbwale and Joseph Matheus appeared on charges of illegal hunting of specially protected wildlife (a rhino) and money laundering.

Monday, 1 June 2020
Steynberg F 2020. Pastoor Babi steeds agter tralies.

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies. Landdros Linus Samunzela het vanoggend tydens die twee beskuldigdes se vlugtige verskyning in die Windhoek-landdroshof hul saak in verband met renosterstropery, -horingsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie tot Woensdag uitgestel. Hulle sal dan vir borgtog aansoek doen.

Friday, 29 May 2020
Steynberg F 2020. Vier 'renosterstropers' verskyn in camera.

Die oorblywende vier verdagtes sal vandag hul verskyning in howe op Gobabis en in Windhoek maak. Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof op Otjiwarongo verskyn.

Four of the eight suspects arrested this week in connection with rhino poaching and hornet smuggling appeared in camera in the Otjiwarongo regional court on Thursday.

Thursday, 28 May 2020
Steynberg F 2020. 8 vas oor renosterstropery.

Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee renosterkarkasse Dinsdag op 'n plaas in die Gobabis-distrik ontdek.

Monday, 25 May 2020
Munhende L 2020. Spike in wildlife poaching as poachers take advantage of lockdown laxities.

Zimbabwe has realised a spike in wildlife poaching as the wildlife management authority has redirected efforts towards combating the spread of Covid-19 during the current lockdown period, a top lobby has said.

Thursday, 21 May 2020
2020. Internasionale Biodiversiteitdag môre herdenk.

Internasionale Biodiversiteitdag word jaarliks op 22 Mei volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Biologiese Diversiteit (UNCBD) herdenk.

International Biodiversity Day is commemorated annually on May 22, according to the United Nations Convention on Biological Diversity (UNCBD).

Tuesday, 19 May 2020
Beseerde ietermagô by man gevind.

’n Man (25) is laas Woensdag in Windhoek in hegtenis geneem met ’n beseerde ietermagô glo in sy besit. Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme was die ietermagô in ’n stresvolle toestand en met beserings op die lyf.

A 25-year-old man was arrested in Windhoek on Wednesday with an injured pangolin in his possession.

Saturday, 16 May 2020
2020. 2 Angolese glo vas met 6 olifanttande.

Twee Angolese burgers, mnre. Daniel en Jobe Kambinda, is verlede Donderdag glo met ses olifanttande, 'n koedoevel en 112 ystervarkpenne by Rundu in hegtenis geneem.

Two Angolan citizens, Messrs. Daniel and Jobe Kambinda were arrested last Thursday with six elephant teeth, a cow-hide and 112 porcupine pens at Rundu.

Thursday, 14 May 2020
2020. Man met beseerde ietermagô vas.

‘n Man (25) is gistermiddag in Windhoek in hegtenis geneem met ‘n beseerde ietermagô glo in sy besit.

A 25-year-old man was arrested in Windhoek on Monday afternoon with an injured pangolin apparently in his possession.

Friday, 8 May 2020
2020. Buitelanders glo vas met olifanttande - Twee luiperdvelle gekonfiskeer.

'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is verlede week glo met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars. Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is.

Wednesday, 6 May 2020
Bause T 2020. Vyf gemsbokke die naweek gestroop.

Sestien vermeende stropers in hegtenis geneem. Die Namibiese polisie het ná ’n jaagtog van ongeveer 70 km op ’n grondpad drie mans in hegtenis geneem en op vier gemsbokkarkasse, ’n bakkie, twee jaggewere, messe en ’n byl beslag gelê.

Namibia police have arrested three men on a gravel road for about 70km and seized four deer carcasses, a pickup truck, two hunting rifles, knives and an ax.

Tuesday, 5 May 2020
2020. Lugpatrollies vir renosters duur voort - Steun van Wilderness Safaris.

Wilderness Safaris Namibia sal met hul lugpatrollies met 'n vliegtuig en twee helikopters voortgaan om swartrenosters in die Noordweste te beskerm. Wilderness Safaris se vennootskap met die Save the Rhino Trust Namibia (SRT) en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se suksesvolle teenstropery-operasie wat deel vorm van 'n veldtog wat verlede jaar van stapel gestuur is, is 'n reusesukses. 

Tuesday, 5 May 2020
2020. Twee buitelanders vas oor ses olifanttande.

'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is glo verlede week met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.

Thursday, 23 April 2020
2020. Man glo vas met twee muskeljaatkatvelle.

Beslag is op altesaam 63 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.

A total of 63 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.

Tuesday, 21 April 2020
2020. Wildmisdaad: 64 patrone gekonfiskeer.

Beslag is op altesaam 64 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.

A total of 64 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.

Thursday, 16 April 2020
2020. Man vas oor twee skilpaaie.

Wildmisdaad het tydens die Covid-19-hoktyd afgeneem met net een saak aangemeld en twee Namibiese mans wat in hegtenis geneem is. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag is mnr. Jason Hamutenya verlede Dinsdag op Usakos glo met twee lewende skilpaaie in sy besit vasgetrek. Die ander vermeende wildmisdadiger, mnr. Matias Kaurikengererua is verlede Woensdag by Osire in verband met die sameswering om 'n renoster te stroop, in hegtenis geneem.

Thursday, 9 April 2020
Steynberg F 2020. Stryd teen wildmisdaad in 2019 suksesvol.

Die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme en veiligheid en sekuriteit het verlede week hul wildmisdaadverslag van 2019 uitgereik. Verlede jaar is 45 renosters gestroop teenoor 74 in 2018. In 2019 is ook meer verdagtes (112) in verband met renosterverwante misdaad as in 2018 (84) in hegtenis geneem. Die verslag is deur die Blue Rhino-taakspan onder leiding van komm. Barry de Klerk saamgestel. Operasie Blue Rhino is in Julie 2018 van stapel gestuur.

Monday, 6 April 2020
Steynberg F 2020. Nege renosters tot dusver in 2020 gestroop.

Twee vas met ammunisie. Nege renosters is tot dusver vanjaar gestroop en een olifant is vir sy ivoor afgemaai. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is die meerderheid van dié renosters op private plase gestroop. Twee Namibiese mans wat na ­bewering 'n renoster probeer stroop het, is voorverlede Woensdag in hegtenis geneem.

Monday, 6 April 2020
2020. Angolese glo met ivoor vasgtrek.

Drie Angolese mans en 'n Namibiër is Saterdag glo met twee olifanttande en ietermagôprodukte in die Akati-nedersetting by Outapi vasgetrek.

Three Angolan men and a Namibian were reportedly apprehended in the Akati settlement at Outapi on Saturday with two elephant teeth and pangolin products.

Tuesday, 31 March 2020
2020. Twee mans probeer glo renoster stroop.

Twee Namibiese mans wat na bewering 'n renoster probeer stroop het, is verlede Woensdag met 'n jaggeweer en ammunisie in hegtenis geneem. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is mnre. Mbakondja Tjatindi en Matias Kaurikengererua by Oshakati in hegtenis geneem.

Monday, 30 March 2020
2020. Twee vermeende renosterstropers vas.

Twee verdagtes wat glo 'n renoster in die Etosha Nasionale Park gestroop het, is vasgetrek. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanoggend aan Republikein bevestig dat twee vermeende renosterstropers die naweek in hegtenis geneem is.

Two suspects who allegedly poached a rhino in Etosha National Park were arrested. The spokesman for the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda confirmed to Republikein this morning that two suspected rhino poachers were arrested over the…

Thursday, 26 March 2020
2020. Vier vas oor stukke ivoor.

Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig is by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.

Tuesday, 24 March 2020
2020. Vier vas oor stukke ivoor.

Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Die polisie het glo vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.

Tuesday, 17 March 2020
2020. Man glo met sowat 600 ietermagôskubbe vas.

'n Namibiese man, mnr. Hega Nekare, is verlede Dinsdag op Rundu glo met verskeie ietermagôprodukte in hegtenis geneem.

Wednesday, 11 March 2020
2020. Ietermagô-verkoper trap in polisie-lokval.

‘n 47-jarige man van Onawa in Oshakati se Okandjengedi-informele nedersetting is Maandag in hegtenis geneem toe hy ‘n ietermagô aan ‘n polisie-speurder probeer verkoop het.

A 47-year-old Onawa man in Oshakati's Okandjengedi informal settlement was arrested on Monday when he tried to sell a Pangolin to a police detective.

Thursday, 27 February 2020
Steynberg F 2020. Drie stroop glo renoster in Etosha:  'Ietermagôsmokkelaars' kry borg.

Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op twee renosterhorings gelê. Drie vermeende renosterstropers in die Etosha Nasionale Park, mnre. Festus Simon, Johannes Valombola en Efraim Malakia, is op 18 Februarie by Okahao in hegtenis geneem. Volgens die polisie is twee renosterhorings, twee .303-jaggewere, 30 patrone en 'n voertuig gekonfiskeer. 

Tuesday, 25 February 2020
2020. Nege vas oor renosterhorings.

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op twee renosterhorings gelê. Een likkewaan, 58 ammunisie, vyf vuurwapens en een voertuig is ook gekonfiskeer.

Nine suspects were arrested in connection with rhino poaching or horn smuggling last week. According to the wildlife crime report of 17 to 23 February, two rhino horns were seized. 

Thursday, 20 February 2020
2020. Six suspected smugglers get bail.

The alleged rhino poachers mr. Mapole Tjipopyeni, Thomas Eino, Hofni Mengeri and Petena Karure appeared in court last Monday at Omaruru for the start of their trial.

Thursday, 20 February 2020
2020. Ses vermeende smokkelaars kry borg.

Ses vermeende renosterhoringsmokkelaars is verlede week in Namibiese howe op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.

Six suspected rhino horn smugglers were released in Namibian courts last week on bail of N $ 20,000 each.

Wednesday, 20 November 2019
Steynberg F 2019. Vier oor ivoor gevonnis: NDF-soldate vas oor horing.

Die Namibiërs Joseph Jacob en Bernhard Ndjamba Shipingana is verlede Maandag (18 Nov) op Rundu tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van N$25 000 elk gevonnis. Hulle het twee olifanttande gesmokkel en beslag is gelê op die voertuig wat hulle tydens die misdaad gebruik het.

Sunday, 29 September 2019
2019. Man vas oor lewende ietermagô.

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem.

Monday, 23 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg - Streng voorwaardes geld.

Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat.

Monday, 23 September 2019
Steynberg F 2019. Geen borg vir vermeende horingdiewe.

Die eienaar van ’n wildsplaas op Outjo, waar 34 renosterhorings in Augustus uit ’n instapkluis gesteel is, is verheug twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Monday, 23 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg.

Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat. Tydens hul borgtogaansoek Donderdag en Vrydag het al drie beskuldigdes getuig hulle was nooit bewus van die olifanttande se oorsprong nie.

Wednesday, 18 September 2019
Steynberg F 2019. Teenstropery: 280 polisielede veg saam - Twee karkasse van renosters op plaas ontdek.

Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke ontplooi. Só het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, verlede week by 'n slypskool vir wildmisdaadwetgewing aan ondersoekbeamptes en aanklaers in die hoofstad gesê.

Tuesday, 17 September 2019
2019. 13 vermeende wildmisdadigers vas.

Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs,…

Tuesday, 10 September 2019
2019. Vermeende skietmal renoserstroper verskyn in Otavi-hof.

Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het vanoggend in dié dorp se landdroshof verskyn.

Tuesday, 10 September 2019
2019. Vermeende skietmal renoserstroper verskyn in Otavi-hof.

Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het vanoggend in dié dorp se landdroshof verskyn. Mnr. Joseph Ngoma (42) het op klagte van die onwettige jag van beskermde wild, asook die besit van 'n renosterhoring en 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn. 'n Klag van poging tot moord is bygevoeg omdat hy Sondag glo op 15 polisie- en weermaglede geskiet het toe hulle hom in hegtenis wou neem.

Monday, 9 September 2019
2019. Vier vas oor olifantprodukte.

Die Namibiese polisie het verlede week drie olifanttande, twee -velle en een stuk ivoor gekonfiskeer. 
Vier verdagtes is in verband met olifantstropery en -ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensieen ondersoekeenheid verskaf is.

Thursday, 5 September 2019
Louw L 2019. Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap.

Geheime polisie het twee mans Saterdag op heterdaad betrap toe hulle glo twee olifanttande van die hand probeer sit het. Geen borgtog is Maandag aan mnre. Dirk Vermeulen (51) and Edgar Clark (41) toegestaan ná hulle die tande na bewering aan polisiebeamptes probeer verkwansel het nie.

Thursday, 15 August 2019
2019. Renoster in Etosha gestamp.

'n Renoster is laat gister teen skemertyd in die Etosha Nasionale Park deur 'n voertuig gestamp.
Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval bevestig en gesê die renoster moes deur 'n veearts uitgesit word. Hy het gesê die voorval het in die noordelike deel van die park plaasgevind en die voertuig is deur 'n beampte van die ministerie van die omgewing en toerisme bestuur. "Die polisie is besig om die saak te ondersoek of die bestuurder nalatig bestuur het of nie," het Kanguatjivi gesê.

Thursday, 15 August 2019
2019. Zambiër vas met renosterhoring, ivoor.

'n Zambiese man is gister in Malengalenga in die Zambezistreer met een renosterhoring en een olifanttand deur die Nambiese polisie in hegtenis geneem.

Wednesday, 14 August 2019
Steynberg F 2019. 19 vas oor wildmisdaad.

Volgens statistieke wat deur die polisie-eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing en toerisme se eenheid vir intelligensie en ondersoeke vir wildmisdaad in Augustus saamgestel is, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem. 

Wednesday, 14 August 2019
Steynberg F 2019. 34 renosterhorings uit boer se kluis gesteel.

'n Boer (58) van 'n wildsplaas in die Outjo-distrik is die naweek van 34 renosterhorings, kontant in Amerikaanse en Nambiiese dollars, euros, rand, twee trouringe en drie vuurwapens ter waarde van sowat N$100 miljoen beroof.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...