This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
Wilderness Safaris Namibia sal met hul lugpatrollies met 'n vliegtuig en twee helikopters voortgaan om swartrenosters in die Noordweste te beskerm. Wilderness Safaris se vennootskap met die Save the Rhino Trust Namibia (SRT) en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se suksesvolle teenstropery-operasie wat deel vorm van 'n veldtog wat verlede jaar van stapel gestuur is, is 'n reusesukses.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-05_Lugpatrollies vir renosters duur voort_Republikein.pdf | 346.67 KB |
NAM_2020-05_Air patrols for rhinos continue_Republikein_Eng.pdf | 346.98 KB |
'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is glo verlede week met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.
Beslag is op altesaam 63 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.
A total of 63 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Man glo vas met twee muskeljaatkatvelle_Republikein.pdf | 219.74 KB |
NAM_2020-04_Man apprehended with Cape Genet skins_Republikein_ENG.pdf | 219.56 KB |
Beslag is op altesaam 64 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.
A total of 64 cartridges, five firearms and two Cape Genet skins were seized.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Wildmisdaad 64 patrone gekonfiskeer_Republikein.pdf | 217.06 KB |
NAM_2020-04_Game crime 64 bullets confiscated-Republican_ENG.pdf | 216.89 KB |
Wildmisdaad het tydens die Covid-19-hoktyd afgeneem met net een saak aangemeld en twee Namibiese mans wat in hegtenis geneem is. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag is mnr. Jason Hamutenya verlede Dinsdag op Usakos glo met twee lewende skilpaaie in sy besit vasgetrek. Die ander vermeende wildmisdadiger, mnr. Matias Kaurikengererua is verlede Woensdag by Osire in verband met die sameswering om 'n renoster te stroop, in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Man vas oor twee skilpaaie_Republikein.pdf | 188.98 KB |
NAM_2020-04_Man apprehenden over two turtles_Republikein_Eng.pdf | 189.12 KB |
Die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme en veiligheid en sekuriteit het verlede week hul wildmisdaadverslag van 2019 uitgereik. Verlede jaar is 45 renosters gestroop teenoor 74 in 2018. In 2019 is ook meer verdagtes (112) in verband met renosterverwante misdaad as in 2018 (84) in hegtenis geneem. Die verslag is deur die Blue Rhino-taakspan onder leiding van komm. Barry de Klerk saamgestel. Operasie Blue Rhino is in Julie 2018 van stapel gestuur.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Stryd teen wildmisdaad in 2019 suksesvol_Republikein.pdf | 580.02 KB |
NAM_2020-04_Fight against wildlife crime in 2019 sucessfull-Republikein_Eng.pdf | 579.23 KB |
Twee vas met ammunisie. Nege renosters is tot dusver vanjaar gestroop en een olifant is vir sy ivoor afgemaai. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is die meerderheid van dié renosters op private plase gestroop. Twee Namibiese mans wat na bewering 'n renoster probeer stroop het, is voorverlede Woensdag in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Nege renosters tot dusver in 2020 gestroop_Republikein.pdf | 220.17 KB |
NAM_2020-04_Nine rhinos have been poached so far in 2020-Republikein_ENG.pdf | 219.54 KB |
Drie Angolese mans en 'n Namibiër is Saterdag glo met twee olifanttande en ietermagôprodukte in die Akati-nedersetting by Outapi vasgetrek.
Three Angolan men and a Namibian were reportedly apprehended in the Akati settlement at Outapi on Saturday with two elephant teeth and pangolin products.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-04_Angolese glo met ivoor vasgtrek_Republikein.pdf | 222.6 KB |
NAM_2020-04_Angolans believed to be caught with ivory-Republikein_ENG.pdf | 222.69 KB |
Twee Namibiese mans wat na bewering 'n renoster probeer stroop het, is verlede Woensdag met 'n jaggeweer en ammunisie in hegtenis geneem. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is mnre. Mbakondja Tjatindi en Matias Kaurikengererua by Oshakati in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Twee mans probeer glo renoster stroop_Republikein.pdf | 216.88 KB |
NAM_2020-03_Two men are apparently tried to poach rhino_Republikein.pdf | 217.27 KB |
Twee verdagtes wat glo 'n renoster in die Etosha Nasionale Park gestroop het, is vasgetrek. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanoggend aan Republikein bevestig dat twee vermeende renosterstropers die naweek in hegtenis geneem is.
Two suspects who allegedly poached a rhino in Etosha National Park were arrested. The spokesman for the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda confirmed to Republikein this morning that two suspected rhino poachers were arrested over the…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Twee vermeende renosterstropers vas_Republikein.pdf | 231.63 KB |
NAM_2020-03_Two suspected rhino poachers-Republikein_Eng.pdf | 232.2 KB |
Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig is by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_03_2020_Vier vas oor stukke ivoor_Republikein.pdf | 96.43 KB |
Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Die polisie het glo vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Vier vas oor stukke ivoor_Republikein.pdf | 228.96 KB |
'n Namibiese man, mnr. Hega Nekare, is verlede Dinsdag op Rundu glo met verskeie ietermagôprodukte in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Man glo met sowat 600 ietermagoskubbe vas_Republikein.pdf | 211.03 KB |
‘n 47-jarige man van Onawa in Oshakati se Okandjengedi-informele nedersetting is Maandag in hegtenis geneem toe hy ‘n ietermagô aan ‘n polisie-speurder probeer verkoop het.
A 47-year-old Onawa man in Oshakati's Okandjengedi informal settlement was arrested on Monday when he tried to sell a Pangolin to a police detective.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-03_Ietermago-verkoper trap in polisie_Republikein.pdf | 302.11 KB |
NAM_2020-03_Pangolin vendor steps into police trap_Republikein_Eng.pdf | 208.5 KB |
Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op twee renosterhorings gelê. Drie vermeende renosterstropers in die Etosha Nasionale Park, mnre. Festus Simon, Johannes Valombola en Efraim Malakia, is op 18 Februarie by Okahao in hegtenis geneem. Volgens die polisie is twee renosterhorings, twee .303-jaggewere, 30 patrone en 'n voertuig gekonfiskeer.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-02_Drie stroop glo renoster in Etosha_Republikein.pdf | 8.33 MB |
NAM_2020-02_Three poach rhino in Etosha_Republikein_Eng.pdf | 8.31 MB |
Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op twee renosterhorings gelê. Een likkewaan, 58 ammunisie, vyf vuurwapens en een voertuig is ook gekonfiskeer.
Nine suspects were arrested in connection with rhino poaching or horn smuggling last week. According to the wildlife crime report of 17 to 23 February, two rhino horns were seized.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-02_Nege vas oor renosterhorings_Republikein.pdf | 8.36 MB |
NAM-2020-02_Nine arrested for rhino horns_Republikein_Eng.pdf | 5.95 MB |
The alleged rhino poachers mr. Mapole Tjipopyeni, Thomas Eino, Hofni Mengeri and Petena Karure appeared in court last Monday at Omaruru for the start of their trial.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-02_Six suspected smugglers get bail_Republican.pdf | 194.66 KB |
Ses vermeende renosterhoringsmokkelaars is verlede week in Namibiese howe op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.
Six suspected rhino horn smugglers were released in Namibian courts last week on bail of N $ 20,000 each.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-02_Ses vermeende smokkelaars kry borg_Republikein.pdf | 368.84 KB |
NAM_2020-02_Six suspected smugglers get bail_Republikein_Eng.pdf | 225.36 KB |
Die Namibiërs Joseph Jacob en Bernhard Ndjamba Shipingana is verlede Maandag (18 Nov) op Rundu tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van N$25 000 elk gevonnis. Hulle het twee olifanttande gesmokkel en beslag is gelê op die voertuig wat hulle tydens die misdaad gebruik het.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-11_Vier oor ivoor gevonnis_Republikein.pdf | 4.32 MB |
'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Man vas oor lewende ietermago_Republikein.pdf | 92.86 KB |
Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg_Republikein.pdf | 143.92 KB |
Die eienaar van ’n wildsplaas op Outjo, waar 34 renosterhorings in Augustus uit ’n instapkluis gesteel is, is verheug twee verdagtes is in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Geen borg vir vermeende horingdiewe_Republikein.pdf | 128.4 KB |
Die drie vermeende ivoorsmokkelaars, mnre. Dirk Vermeulen, Edgar Clark en Michael Lusse, is Vrydag in die Walvisbaaise landdroshof op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat. Tydens hul borgtogaansoek Donderdag en Vrydag het al drie beskuldigdes getuig hulle was nooit bewus van die olifanttande se oorsprong nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorsmokkelaars kry borg_Republikein_0.pdf | 143.92 KB |
Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke ontplooi. Só het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, verlede week by 'n slypskool vir wildmisdaadwetgewing aan ondersoekbeamptes en aanklaers in die hoofstad gesê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Teenstropery_ 280 polisielede veg saam_Republikein.pdf | 88.28 KB |
Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs,…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_13 vermeende wildmisdadigers vas_Republikein.pdf | 82.57 KB |
Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het vanoggend in dié dorp se landdroshof verskyn.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende skietmal renoserstroper verskyn in Otavi_hof_Republikein.pdf | 116.18 KB |
Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het vanoggend in dié dorp se landdroshof verskyn. Mnr. Joseph Ngoma (42) het op klagte van die onwettige jag van beskermde wild, asook die besit van 'n renosterhoring en 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn. 'n Klag van poging tot moord is bygevoeg omdat hy Sondag glo op 15 polisie- en weermaglede geskiet het toe hulle hom in hegtenis wou neem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende skietmal renoserstroper verskyn in Otavi_hof_Republikein_0.pdf | 116.18 KB |
Die Namibiese polisie het verlede week drie olifanttande, twee -velle en een stuk ivoor gekonfiskeer.
Vier verdagtes is in verband met olifantstropery en -ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensieen ondersoekeenheid verskaf is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vier vas oor olifantprodukte_Republikein.pdf | 81.68 KB |
Geheime polisie het twee mans Saterdag op heterdaad betrap toe hulle glo twee olifanttande van die hand probeer sit het. Geen borgtog is Maandag aan mnre. Dirk Vermeulen (51) and Edgar Clark (41) toegestaan ná hulle die tande na bewering aan polisiebeamptes probeer verkwansel het nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-09_Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap_Republikein.pdf | 92.67 KB |
'n Renoster is laat gister teen skemertyd in die Etosha Nasionale Park deur 'n voertuig gestamp.
Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval bevestig en gesê die renoster moes deur 'n veearts uitgesit word. Hy het gesê die voorval het in die noordelike deel van die park plaasgevind en die voertuig is deur 'n beampte van die ministerie van die omgewing en toerisme bestuur. "Die polisie is besig om die saak te ondersoek of die bestuurder nalatig bestuur het of nie," het Kanguatjivi gesê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-08_Renoster in Etosha gestamp_Republikein.pdf | 155.15 KB |
'n Zambiese man is gister in Malengalenga in die Zambezistreer met een renosterhoring en een olifanttand deur die Nambiese polisie in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
ZAM_2019-08_Zambier vas met renosterhoring_ivoor_Republikein.pdf | 96.19 KB |
Volgens statistieke wat deur die polisie-eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing en toerisme se eenheid vir intelligensie en ondersoeke vir wildmisdaad in Augustus saamgestel is, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-08_19 vas oor wildmisdaad_Republikein.pdf | 79.12 KB |
'n Boer (58) van 'n wildsplaas in die Outjo-distrik is die naweek van 34 renosterhorings, kontant in Amerikaanse en Nambiiese dollars, euros, rand, twee trouringe en drie vuurwapens ter waarde van sowat N$100 miljoen beroof.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2019-08_34 renosterhorings uit boer se kluis gesteel_Republikein.pdf | 84.92 KB |
Drie mans is onlangs op twee verskillende plekke met ses olifanttande vasgetrek. Twee Angolese burgers, mnre. Abraham Mwetupunga en Velema Nghitila, is Sondag op Onandjmba glo met twee olifanttande in hegtenis geneem en 'n Namibiese man, mnr. Philips Kutenda Thikuma, glo met vier olifanttande op 6 Maart by Mukwe. Hulle is deel van die 14 wildmisdaadverdagtes wat volgens die wildmisdaadverslag van 6 tot 14 Maart in sewe wildmisdaadsake in hegtenis geneem is. By Kamanjab is vier Namibiese mans, mnre.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Drie mans vas oor ses olifanttande_Republikein.pdf | 219.54 KB |
NAM_2021_03_Three men arrested for six elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 219.87 KB |
"Daar gaan nie ‘n aand verby waar daar nie iewers gestroop word nie. Ek kan nie voorbly nie, die ding ruk handuit. Dis ‘n bekommernis." Só sê mnr. Rickus Spangenberg van Windhoek K9 Academy, wat honde oplei om die spoor van vee- en wilddiewe te sny en hulle vas te trek.
"Not a night goes by where there is no poaching anywhere. I can not keep up, the thing gets out of hand. It's a concern." So says Mr. Rickus Spangenberg of Windhoek K9 Academy, who trains dogs to follow the tracks of livestock and game thieves and catch them.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Teenstropingseenhede kan nie voorbly_Republikein.pdf | 474.63 KB |
NAM_2021-07_Anti_poaching units can not stay ahead_Republikein_Eng.pdf | 398.88 KB |