This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
In kamoefleerdrag, swart stewels en ’n semi-outomatiese wapen in sy holster, is Marcus Jacobs soggens reg vir aksie. Wat dalk na ’n militêre operasie klink, is in werklikheid die daaglikse roetine van ’n man met ’n missie: die beskerming van bedreigde wild teen stropers. Jacobs is die hoofbestuurder van Namibia Wildlife Protection (NWP), ’n private sekuriteitsmaatskappy wat bedreigde wildspesies in Namibië teen stropers beskerm. Dit sluit in "hoë teikenspesies" soos renosters en olifante. "Ons kan nie meer ons kosbare spesies sonder wapens beskerm nie.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2024_04_Wildstropers se Nemesis_Republikein.pdf | 66.37 KB |
NAM_2024_04_Game Poachers Nemesis_Republikein_Eng.pdf | 75.81 KB |
Attachment | Size |
---|---|
2024_04_NWP ernstig oor bewaring_Republikein.pdf | 64.53 KB |
NAM_2024_04_NWP serious about conservation_Republikein_Eng.pdf | 74.69 KB |
Drie mans is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hulle met beskermde plantspesies van ongeveer N$80 000 in die Kavango-Wesstreek betrap is. "Die drie verdagtes van onderskeidelik 27, 30 en 37 jaar oud, is Vrydag by die Namasira-polisiekontrolepunt gearresteer nadat hulle met 7 x 150 kg-sakke Cyphostemma, met 'n gewig van sowat 429 kg en ter waarde van N$79 288, betrap is," lui die Namibiese polisie se misdaadverslag. Volgens die verslag het die verdagtes nie 'n permit gehad wat hulle goedkeuring verleen het om die spesifieke beskermde plantspesies te oes of te vervoer…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2024_03_Mans betrap met beskermde plante_Republikein.pdf | 236.41 KB |
NAM_2024_03_Men caught with protoected plants_Republikein_Eng.pdf | 237.08 KB |
'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Stroper sterf in Skermutseling_Republikein.pdf | 297.03 KB |
NAM_2023_01_Poacher dies in skirmish_Republikein_Eng.pdf | 287.06 KB |
Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Drie in hegtenis vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 229.19 KB |
NAM_2023_01_Three arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 243.71 KB |
Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_77 renosters en 4 olifante in 2022 gestroop_Republikein.pdf | 349.9 KB |
NAM_2023_01_77 rhinos and 4 elephants poached in 2022_Republikein_Eng.pdf | 365.02 KB |