This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
Verlede jaar was olifantstroperysyfers in Namibië die laagste sedert 2016. Skuldigbevindings is egter steeds ver agter arrestasies wat in stroperysake gemaak is. Volgens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is slegs vier olifante in 2022 gestroop vergeleke met 2016 se 101. Die volgende jaar het stroperyvoorvalle tot 50 afgeneem, terwyl 27 olifante in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt in 2021 gestroop is. Statistieke toon verder dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Olifantstropery die laagste sedert 2016_Republikein.pdf | 355.74 KB |
NAM_2023_07_Elephant poaching lowest since 2016_Republikein_Eng.pdf | 337.94 KB |
'n Boer het die afgelope week 14 gestroopte gemsbokke op sy plaas gevind, terwyl hy reeds
40 draadstrikke verwyder het.
A farmer found 14 poached oryx on his farm in the past week, while he had already
removed 40 wire snares.
Statistiek toon altesaam 404 verdagtes is verlede jaar in verband met wildstropery vir vleis in hegtenis geneem, terwyl 89 verdagtes skuldig bevind is.
Statistics show a total of 404 suspects were arrested last year in connection with poaching for meat, while 89 suspects were found guilty.
Na raming is 93 renosters in 2022 gestroop, vergeleke met die 47 in 2021 en 43 in 2020.
An estimated 93 rhinos were poached in 2022, compared to 47 in 2021 and 43 in 2020.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Renosterstropery styg weer in 2022_Republikein.pdf | 364.34 KB |
NAM_2023_07_Rhino poaching on the increase again in 2022_Republikein_Eng.pdf | 337.91 KB |
Burke het 'n lys van bedreigings saamgestel wat die plante in die Sperrgebiet se voortbestaan belemmer. Eerstens noem Burke klimaatsverandering, "ons weet nie hoe die plante daarop gaan reageer nie." Dit is egter duidelik dat hulle in die toekoms aan groter stresfaktore blootgestel sal word. Mynbou vernietig ook habitatte. Dit is egter danksy diamantontginning dat hierdie diversiteit hoegenaamd in die beperkte gebied kon oorleef." Vir 'n geruime tyd al is ’n deel van die beperkte gebied ook vir die publiek oopgestel.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Endemiese plante in gevaar_Republikein.pdf | 297.28 KB |
NAM_2023_07_Endemic plants in danger_Republikei_Eng.pdf | 296.94 KB |
DNS-data van ietermago's in Namibië word tans ingesamel, wat sal help om smokkelroetes te identifiseer en die omvang van die internasionale onwettige handel in ietermagospesies vas te stel. Volgens die 2022- verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is dit onbekend hoeveel ietermago's suksesvol uit Namibië gesmokkel is. Daarvolgens dui die huidige beskikbare inligting daarop dat die verhouding laag is, maar meer navorsing is nodig.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Ietermago_DNS ingespan teen onwettige handel_Republikein.pdf | 332.87 KB |
NAM_2023_07_Pangolin DNA used against legal trade_Republikein_Eng.pdf | 315.42 KB |
Namibië het 'n deurgangsroete geword vir perlemoensmokkelary vanuit Suid-Afrika na China. Volgens 'n 2022-verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is die bestaan van wettige perlemoenboerdery in Namibië gebruik as ’n front vir vervalste dokumentasie van perlemoenbesendings waarop beslag gelê is. Luidens die verslag smokkel Suid-Afrikaanse kartelle toenemend perlemoen via buurlande om onder die radar te bly.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Namibie n deurgang vir perlemoensmokkelaars_Republikein.pdf | 368.23 KB |
NAM_2023_07_Namibia a passage for abalone smugglersRepublikein_Eng.pdf | 332.42 KB |
Handel in lewende plante, veral skaars en endemiese vetplante en pachycauls (wat die kremetart en halfmens insluit), het die hoogte ingeskiet as 'n groeiende sektor - wat 'n bedreiging vir seldsame spesies in Namibië inhou. Luidens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië vir 2022 is die eerste sake eers verlede jaar aanhangig gemaak. Daar is egter reeds op groot hoeveelhede lewende plante beslag gelê en talle verdagtes is in hegtenis geneem. Luidens die verslag is 11 sake verlede jaar geregistreer,…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_07_Handel in indemiese plante neem toe_Republikein.pdf | 328.99 KB |
NAM_2023_07_Trade in endemic succulents is increasing_Republikein_Eng.pdf | 217.44 KB |
'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Stroper sterf in Skermutseling_Republikein.pdf | 297.03 KB |
NAM_2023_01_Poacher dies in skirmish_Republikein_Eng.pdf | 287.06 KB |
Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Drie in hegtenis vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 229.19 KB |
NAM_2023_01_Three arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 243.71 KB |
Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_77 renosters en 4 olifante in 2022 gestroop_Republikein.pdf | 349.9 KB |
NAM_2023_01_77 rhinos and 4 elephants poached in 2022_Republikein_Eng.pdf | 365.02 KB |