Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 6 of 6
Tuesday, 24 January 2023
Smit E 2023. Stroper sterf in skermutseling.

'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.

Sunday, 15 January 2023
Smit E 2023. Drie in hegtenis vir wildmisdaad.

Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.

Friday, 13 January 2023
Smit E 2023. 77 renosters, 4 olifante in 2022 gestroop.

Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.

Thursday, 27 October 2022
Smit E, Rademeyer R 2022. Sestig renosters is vanjaar gestroop.

Sestig renosters is vanjaar gestroop teenoor die 44 renosters verlede jaar en 42 in 2020. In die jongste stroperyvoorvalle is twee witrenosters tussen Vrydag en Maandag op 'n onbekende tyd op 'n private plaas naby Seeis in die Windhoek-distrik gestroop. Volgens die polisie is die renosters geskiet en hul horings is verwyder. Die waarde van die twee renosters word op N$660 000 geraam.

Friday, 21 October 2022
Smit E 2022. Ondersoek staar wildhandelaar in gesig.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het 'n ondersoek na die wildhandelaar, mnr. Johan Lombaard, van stapel gestuur nadat hy na bewering twee witrenosters sonder die nodige papierwerk vervoer het. Die ondersoek is na bewering genoodsaak nadat Lombaard Dinsdag in 'n motorongeluk tussen Rehoboth en Kalkrand betrokke was terwyl hy ’n witrenosterkoei en haar kalf vanaf Mariental na 'n plaas in die Karibib-distrik vervoer het.

Tuesday, 18 October 2022
Rademeyer R 2022. Smokkelaar in renosterhoring op die vlug.

Die Chinese renosterhoringsmokkelaar Wang Hui (48) het gister omstreeks 11:00 uit aanhouding ontsnap en was teen druktyd gister nog op die vlug. Wang het ontsnap toe hy saam met met 'n bewaarder van die Windhoek Sentrale Gevangenis na Brakwater gegaan het om materiaal by ’n verskaffer te gaan oplaai.

The Chinese rhino horn smuggler Wang Hui (48) escaped from custody at around 11:00 yesterday and was still on the run at press time yesterday. Wang escaped when he went to Brakwater with a warden from the Windhoek Central Prison to pick up materials from a supplier.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...