This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Stroper sterf in Skermutseling_Republikein.pdf | 297.03 KB |
NAM_2023_01_Poacher dies in skirmish_Republikein_Eng.pdf | 287.06 KB |
Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Drie in hegtenis vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 229.19 KB |
NAM_2023_01_Three arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 243.71 KB |
Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_77 renosters en 4 olifante in 2022 gestroop_Republikein.pdf | 349.9 KB |
NAM_2023_01_77 rhinos and 4 elephants poached in 2022_Republikein_Eng.pdf | 365.02 KB |
Hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die vier olifante wat vanjaar in Namibië gestroop is nie, toon Namibië oor die afgelope agt jaar 'n sterk afname in die stroping van dié bosreuse. Volgens syfers wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bygehou word, blyk dit dat olifantstropery jaarliks verminder. Terwyl daar in 2016 tot bykans 101 olifante gestroop is, was dit in 2019 en 2020 onderskeidelik net 13 en 12 olifante.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Stryd teen olifantstropery werp vrugte af_Republikein.pdf | 337.07 KB |
NAM_2021_07_Fight against elephant poaching bears fruit_Republikein_Eng.pdf | 336.34 KB |
Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.
Two people were caught on Katima Mulilo and Kahenge with a total of seven elephant tusks in their possession, while two more people were caught trying to dispose of python skins and crocodile skins respectively.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-07_Stropers met sewe olifanttande gearresteer_Republikein.pdf | 177.53 KB |
NAM_2021_07_Poachers arrested with seven elephant tusks_Republikein_Eng.pdf | 176.34 KB |
Vier mans tussen 20 en 46 jaar is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandag op vier renosterhorings beslag gelê het toe 'n minibus onderweg na Opuwo by 'n padblokkade deursoek is. Die minibus is kort ná drieuur die middag by 'n padblokkade op die Kamanjab-Werda-pad afgetrek. Die polisie sê in 'n misdaadverslag vier mans is vir die besit van beheerde wildprodukte in hegtenis geneem. Die oorsprong van die renosterhorings en die waarde daarvan is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Vier renosterhorings in minibus gevind_Republikein.pdf | 219.04 KB |
NAM_2021_07_Four rhino horns found in minibus_Republikein_Eng.pdf | 227.24 KB |
Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_07_Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek_Republikein.pdf | 379.27 KB |
NAM_2021_07_Nine suspects arrested for game crime_Republikein_Eng.pdf | 283.64 KB |