This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Stroper sterf in Skermutseling_Republikein.pdf | 297.03 KB |
NAM_2023_01_Poacher dies in skirmish_Republikein_Eng.pdf | 287.06 KB |
Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_Drie in hegtenis vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 229.19 KB |
NAM_2023_01_Three arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 243.71 KB |
Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2023_01_77 renosters en 4 olifante in 2022 gestroop_Republikein.pdf | 349.9 KB |
NAM_2023_01_77 rhinos and 4 elephants poached in 2022_Republikein_Eng.pdf | 365.02 KB |
'n Ietermagôsmokkelaar is vanoggend in die Rundu-landdroshof tot 'n boete van N$200 000 of vier jaar agter tralies gevonnis. Joseph Mukuve is weens die oortreding van die onwettige handel in beheerde wildprodukte, naamlik een lewende ietermagô en twee -velle, ter waarde van sowat N$150 000 gevonnis.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_02_Ietermagosmokkelaar kry boete van NS200 000_Republikein.pdf | 239.7 KB |
NAM_2021_02_Pangolin smuggler fined NS 200 000_Republikein_Eng.pdf | 67.17 KB |
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Geen personeel betrokke by stropery_Republikein.pdf | 395.92 KB |
NAM_2021-02_No staff involved in poaching_Republikein_Eng.pdf | 320.33 KB |
Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021-02_Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat_Republikein.pdf | 344.59 KB |
NAM_2021-02_Wildlife poaching largely arrested in 2020_Republikein_Eng.pdf | 344.79 KB |