This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
'n Vermeende stroper is Sondag op die plaas Kaliombo in die Karibib-omgewing in die been geskiet. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 65-jarige plaaseienaar omstreeks 23:45 die honde hoor blaf. Veiligheidswagte van K-Sapu het hom ingelig oor vermeende stropers op sy eiendom. Die boer het ondersoek gaan instel en drie mans met vleis gewaar. Die verdagtes was met assegaaie en 'n byl gewapen. Hulle het ook drie honde by hulle gehad. Die verdagtes het na bewering probeer om die boer aan te val.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vermeende stroper in been geskiet_Republikein.pdf | 471.87 KB |
NAM_2022_08_Suspected poacher shot in the leg_Republikein_Eng.pdf | 470.19 KB |
In die minder as agt maande van 2022 wat al verby is, is 36 renosters reeds oraloor die land gestroop. In die nuutste voorvalle is die karkas van ’n witrenoster gister op 'n private plaas in die Okahandja-distrik ontdek. Maandag is karkasse van nog twee gestroopte witrenosters op 'n private plaas in die Outjo-distrik aangemeld. Net verlede week het die ministerie gesê 33 renosters is vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters was.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vier renosters twee dae_Republikein.pdf | 528.92 KB |
NAM_2022_08_Four rhinos two days_Republikein_Eng.pdf | 647.91 KB |
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.
According to the spokesperson of the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda, this year's poaching incidents included 15 poached rhinos in the Etosha National Park, nine rhinos on conservation farms and another nine on private farms.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Renosterstropers stel hul visier op plase in_Republikein.pdf | 596.12 KB |
NAM_2022_08_Thino poachers set their aim on farms_Republikein_Eng.pdf | 594.62 KB |
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 20 tot 26 Julie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem. Mnre. Murumbua Vetjesavi en Richard Kandjii is by Otjondjeka in hegtenis geneem en beslag is op twee renosterhorings en 'n voertuig gelê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Drie vas oor horings_Republikein.pdf | 321.41 KB |
NAM_2020-07_Three arrested for rhino horn_ivory_Republikein_Eng.pdf | 322.38 KB |
Een verdagte, mnr. Matheus Mukoya Katjire, is verlede Woensdag op Divundu in verband met olifantstropery of ivoorsmokkelary vasgetrek en twee olifanttande is gekonfiskeer.
A suspect, Mr. Matheus Mukoya Katjire, was arrested last Wednesday on Divundu in connection with elephant poaching or ivory smuggling and two elephant tusks were confiscated.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Drie vas oor renosterhorings_Republikein.pdf | 321.68 KB |
NAM_2020-07_Three arrested for rhino hornsand ivory_Republikein_Eng.pdf | 226.14 KB |
'n Man met dubbele burgerskap en twee identiteite wat met die rooftog van 33 renosterhorings uit 'n kluis in 'n huis op Outjo in September 2019 verbind word, is in Februarie by die Suid-Afrikaanse grenspos, Vioolsdrift, met twee renosterhorings vasgetrek.
A man with dual citizenship and two identities connected to the robbery of 33 rhino horns from a safe in a house on Outjo in September 2019, was arrested at the South African border post, Vioolsdrift, in February with two rhino horns.
Tien verdagtes is in hegtenis geneem in verband met wildmisdaad en vier nuwe sake is aanhangig gemaak. Sewe van die verdagtes is in hegtenis geneem vir olifantstropery of -handel, terwyl ’n ander verdagte gearresteer is in verband met renosterstropery.
Ten suspects have been arrested in connection with game crime and four new cases have been filed. Seven of the suspects were arrested for elephant poaching or trafficking, while another suspect was arrested in connection with rhino poaching.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_10 vas vir wildmisdaad_Republikein.pdf | 347.67 KB |
NAM_2020-07_10 arrested for wildlife crime_Republikein_Eng.pdf | 245.51 KB |
Twee Namibiese mans is Saterdag omstreeks 11:00 op Omaruru glo met 'n ietermagôvel in hul besit vasgetrek.
Two Namibian men were allegedly caught with a pangolin skin in their possession on Omaruru at around 11:00 on Saturday.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Twee mans vas oor ietermagovel_Republikein.pdf | 220.89 KB |
NAM_2020-07_Two men arrested for possession of pangolin skin_Republikein_Eng.pdf | 220.5 KB |
Agt ietermagôsmokkelaars is verlede week in Namibiese howe gevonnis. Namibiërs Willem Jonas Nangolo, Levi Wilhelm, Frans Nanga, Kanyetu Valentinus Mangundu, Mutero Bonifas Linyando en Frans Nanga is op 1 Julie in die Windhoek-landdroshof in Katutura elk tot 'n boete van N$15 000 gevonnis waarvan N$5 000 opgeskort is of tot drie jaar gevangenisstraf waarvan vyf maande opgeskort is. Hulle is skuldig bevind aan die oortreding van die beheerde wildlewe- en handelswet ná 'n lewende ietermagô en ietermagôvel in hul besit gevind is.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Agt ietermagosmokkelaars gevonnis_Republikein.pdf | 193.12 KB |
NAM_2020-07_Eight pangolin smugglers sentenced_Republikein_Eng.pdf | 223.09 KB |
Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help, het reeds in 52 wildstroperysake verdagtes vasgetrek. Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het Woensdag in die hoofstad gesê in die mees onlangse voorval het vier honde van die eenheid, naamlik Alex, Benno, Baron en Nora, vermeende renosterstropers op ’n plaas aangrensend tot die Waterberg-platopark vasgetrek.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Honde trek menige wildstropers vas_Republikein.pdf | 342.65 KB |
NAM_2020-07_Dogs track many poachers down_Republikein_Eng.pdf | 343.87 KB |
Die weermag van Botswana (BDF) het vier stropers in drie afsonderlike voorvalle in die Okavango-delta doodgeskiet. Volgens 'n mediaverklaring van die BDF het die voorvalle oor sewe dae tussen 22 en 29 Junie plaasgevind toe heen en weer tussen die weermag en stopers geskiet is. "Die kontakgebiede was by Mombo, Kurunxaraga en die Selina-oorloop in die gebied van Linyanti. Daar is ’n onrusbarende oplewing van renosterstropery in die Okavango-delta en stropers volhard met genadelose taktieke met BDF-lede as teiken," lui die verklaring.
Attachment | Size |
---|---|
BOT_2020-07_Botswana skiet vier stropers_Republikein.pdf | 297.8 KB |
BOT_2020-07_Botswana shoots four poachers-Republikein_Eng.pdf | 348 KB |
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred Renatius Haipos Langendorf en Gotrieb Ndikwetepo Shishitwomunhu is op 30 Junie glo met twee olifanttande in hul besit in Windhoek in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag op 'n voertuig gelê.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Twee vas oor olifanttande_Republikein.pdf | 222.05 KB |
NAM_2020-07_Two arrested with elephant tusks_Republikein.pdf | 222.02 KB |
Die Finansiële Aksie-taakmag beskryf in sy eerste verslag oor wildmisdaad dit as 'n internasionale bedreiging wat verbind kan word met georganiseerde misdaad soos slawerny, dwelm- en wapensmokkelary. Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fokus op die finansiële aspek van wildmisdaad en stel voor alle regerings moet wette op geldwassery implementeer. Die studie se bevindings is gebaseer op die insette van 50 lande, Namibië ingesluit, wat lid is van die Oostelike en Suider-Afrika Teengeldwasserygroep (ESAAMLG). 'n Totaal van 22 uit 45 lande het aangedui dat hulle…
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2020-07_Optrede teen wildstropery nodig_Republikein.pdf | 350.11 KB |
NAM_2020-07_Action against poaching needed_Republikein_Eng.pdf | 350.51 KB |