Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 31 of 31
Tuesday, 2 April 2024
Smit E 2024. 28 renosters reeds vanjaar gestroop.

'n Dringende hoëvlak-vergadering tussen die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en sekuriteitsgroepe is belê nadat 28 renosters in die eerste drie maande van die jaar in Namibië gestroop is. Uit die 28 renosters is 19 in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda is tien van die 19 gestroopte renosters in die park verlede maand tydens onthoringsoperasies ontdek.

Monday, 15 January 2024
Smit E 2024. SRT volg eenvoudige benadering tot stropery.
Save the Rhino Trust (SRT) Namibia se benadering tot renosterstropery het die konvensionele militêre styl-taktiek vir renosterbeskerming uitgedaag, wat in baie gevalle die gaping tussen plaaslike mense en renosters vererger het. Dié konvensionele taktieke teen stropery beskou en teiken plaaslike mense as deel van die probleem, het SRT in sy nuwe strategiese plan vir 2023-’28 gesê. SRT het gesê die organisasie het dus 'n uiters eenvoudige, maar doeltreffende benadering gevolg deur gerespekteerde plaaslike mense in diens te neem om hul vaardighede in te span.
Sunday, 26 November 2023
Smit E 2023. 24 elephant tusks confiscated.

A total of 24 elephant tusks were confiscated, while one suspect was arrested and seven others fled the scene when their car were searched on Friday in the Zambezi Region. According to the environment ministry, members of the ministry, the police and the defence force were searching vehicles as part of an intelligence-led operation in pursuit of a syndicate of Zambian nationals who were embarking on transnational poaching of elephants in neighbouring Botswana using the Zambezi Region as a transit root.

Monday, 16 October 2023
Smit E 2023. Minstens 13 jaar agter tralies vir renosterstropers.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het vonnisse van minstens 13 jaar tronkstraf elk vir vier renosterstropers verwelkom. Die vonnisse is onlangs in die Windhoek-streekhof opgelê.

The Ministry of the Environment, Forestry and Tourism has welcomed sentences of at least 13 years in prison each for four rhino poachers. The sentences were handed down recently in the Windhoek Regional Court.

Tuesday, 12 September 2023
Smit E 2023. Broers in heftenis oor 'onwettige wildvangery'.

Die twee Lombaard-broers wat die Golden Game-wildboerdery-, vang- en uitvoeronderneming
in Mariental gestig het, sal vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn vir ’n formele aansoek
om borgtog op aanklagte van die onwettige vang en vervoer van wild ter waarde van N$817 000.

The two Lombaard brothers, who founded the Golden Game game farming, trapping and
exporting business in Mariental, will appear in the magistrate's court at Gobabis today for a
formal application for bail on charges of the illegal capture and transport of game to value of
N$817…

Tuesday, 1 August 2023
Smit E 2023. Lion bone trafficking rare in Namibia.

Cases of lion and other predator bone trafficking have been registered in Namibia, although cases are still rare, a new report has found. However, the illegal keeping and breeding of predators is much more widespread, and there is a reported increase in illegal practices within the trophy-hunting industry. This is according to the Wildlife Protection and Law Enforcement in Namibia report for 2022, which said that large African predators, including lions, leopards, cheetahs, spotted hyenas and brown hyenas, have created a unique dilemma…

Friday, 21 July 2023
Smit E 2023. Olifantstropery die laagste sedert 2016.

Verlede jaar was olifantstroperysyfers in Namibië die laagste sedert 2016. Skuldigbevindings is egter steeds ver agter arrestasies wat in stroperysake gemaak is. Volgens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is slegs vier olifante in 2022 gestroop vergeleke met 2016 se 101. Die volgende jaar het stroperyvoorvalle tot 50 afgeneem, terwyl 27 olifante in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt in 2021 gestroop is. Statistieke toon verder dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in…

Friday, 21 July 2023
Smit E, Bause T 2023. Trae hofprosesse knou stryd teen wildstropery.

Statistiek toon altesaam 404 verdagtes is verlede jaar in verband met wildstropery vir vleis in hegtenis geneem, terwyl 89 verdagtes skuldig bevind is.

Statistics show a total of 404 suspects were arrested last year in connection with poaching for meat, while 89 suspects were found guilty.

Wednesday, 19 July 2023
Smit E 2023. Renosterstropery styg weer in 2022.

Na raming is 93 renosters in 2022 gestroop, vergeleke met die 47 in 2021 en 43 in 2020.

An estimated 93 rhinos were poached in 2022, compared to 47 in 2021 and 43 in 2020.

Tuesday, 18 July 2023
Smit E 2023. Namibië n deurgang vir perlemoensmokkelaars.

Namibië het 'n deurgangsroete geword vir perlemoensmokkelary vanuit Suid-Afrika na China. Volgens 'n 2022-verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is die bestaan van wettige perlemoenboerdery in Namibië gebruik as ’n front vir vervalste dokumentasie van perlemoenbesendings waarop beslag gelê is. Luidens die verslag smokkel Suid-Afrikaanse kartelle toenemend perlemoen via buurlande om onder die radar te bly.

Tuesday, 18 July 2023
Smit E 2023. Ietermago - DNS ingespan teen onwettige handel.

DNS-data van ietermago's in Namibië word tans ingesamel, wat sal help om smokkelroetes te identifiseer en die omvang van die internasionale onwettige handel in ietermagospesies vas te stel. Volgens die 2022- verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is dit onbekend hoeveel ietermago's suksesvol uit Namibië gesmokkel is. Daarvolgens dui die huidige beskikbare inligting daarop dat die verhouding laag is, maar meer navorsing is nodig.

Monday, 17 July 2023
Smit E 2023. Handel in indemiese plante neem toe.

Handel in lewende plante, veral skaars en endemiese vetplante en pachycauls (wat die kremetart en halfmens insluit), het die hoogte ingeskiet as 'n groeiende sektor - wat 'n bedreiging vir seldsame spesies in Namibië inhou. Luidens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië vir 2022 is die eerste sake eers verlede jaar aanhangig gemaak. Daar is egter reeds op groot hoeveelhede lewende plante beslag gelê en talle verdagtes is in hegtenis geneem. Luidens die verslag is 11 sake verlede jaar geregistreer,…

Tuesday, 9 May 2023
Smit E, Bause T 2023. Vyftien renosters vanjaar gestroop.

Altesaam 15 renosters is vanjaar gestroop, teenoor 87 in 2022 en 45 in 2021. Die laaste renoster is tussen 1 en 28 April op 'n private plaas in die Grootfontein-omgewing gestroop. Die karkas is eers verlede week ontdek en die ondersoek dui daarop dat die dier twee keer met 'n jaggeweer geskiet is.

Friday, 14 April 2023
Smit E 2023. Agt oor paasfees in hegtenis geneem vir renosterstropery.

Agt verdagtes is oor die Paasnaweek vir renosterstropery-verwante misdade in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda, is twee verdagtes op 6 April op die Tsumeb/Otavi-pad by 'n mobiele padblokkade in hegtenis geneem omdat hulle onwettig die Etosha Nasionale Park binnegegaan het om renosters te jag. Twee vars renosterhorings is in hul besit gevind en deur die wetstoepassingsagentskappe onder leiding van die Blue Rhino-taakspan op beslag gelê.

Thursday, 9 February 2023
Smit E 2023. Natuurbeamte vas oor beweerde stroping.

'n Beampte van die ministerie van omgewing en toerisme en nóg drie verdagtes is in hegtenis geneem ná hulle vermoedelik 'n blouwildebees onwettig in die Daan Viljoenpark naby Windhoek gejag het. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê die arrestasies het Dinsdag by die padblokkade tussen Daan Viljoen geskied.

Tuesday, 7 February 2023
Smit E 2023. Etosha hotbed for rhino poaching.

A total of 87 rhinos were poached last year, of which 45 were killed in the Etosha National Park. This is according to new statistics released by the environment and tourism ministry, which show that last year, 61 black rhinos and 26 white rhinos were killed. In 2022, poaching cases included 15 rhinos poached on custodianship farms and another 25 white rhinos on private farms. Namibia recorded 45 rhinos poached in 2021, 43 in 2020, 61 in 2019, 84 in 2018 and 55 in 2017. So far this year, one rhino has been poached. Meanwhile, four elephants were killed last year.

Tuesday, 24 January 2023
Smit E 2023. Stroper sterf in skermutseling.

'n Vermeende renosterstroper is dood en nog een gewond tydens 'n skietery Saterdag tussen 'n teenstropingseenheid en drie vermeende stropers op 'n plaas sowat 120 km oos van Windhoek. Die beseerde stroper is in hegtenis geneem en die derde verdagte wat aanvanklik op die vlug geslaan het, is gisteroggend in hegtenis geneem. Die eienaar van Namibia Wildlife Protection, Salmon Vermaak, wie se teenstropingseenheid op die plaas gestasioneer is, sê die spanleier het hom omstreeks 11:30 Saterdag laat weet ’n vermeende stroper is opgemerk waar hy 'n renosterkoei en haar kalf volg.

Sunday, 15 January 2023
Smit E 2023. Drie in hegtenis vir wildmisdaad.

Twee Angolese mans is Vrydag in die Orwetoveni-nedersetting in Otjiwarongo in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van die vel van 'n ietermagô betrap is. Die waarde van die vel is N$50 000. In 'n onverwante voorval is 'n 31-jarige Namibiër Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oostreek met twee olifanttande betrap.

Friday, 13 January 2023
Smit E 2023. 77 renosters, 4 olifante in 2022 gestroop.

Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021. Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.

Thursday, 1 December 2022
Smit E 2022. Stropery - 106 die jaar gearresteer.

Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem. Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp. Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem. Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is - 'n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.

Thursday, 27 October 2022
Smit E, Rademeyer R 2022. Sestig renosters is vanjaar gestroop.

Sestig renosters is vanjaar gestroop teenoor die 44 renosters verlede jaar en 42 in 2020. In die jongste stroperyvoorvalle is twee witrenosters tussen Vrydag en Maandag op 'n onbekende tyd op 'n private plaas naby Seeis in die Windhoek-distrik gestroop. Volgens die polisie is die renosters geskiet en hul horings is verwyder. Die waarde van die twee renosters word op N$660 000 geraam.

Friday, 21 October 2022
Smit E 2022. Ondersoek staar wildhandelaar in gesig.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het 'n ondersoek na die wildhandelaar, mnr. Johan Lombaard, van stapel gestuur nadat hy na bewering twee witrenosters sonder die nodige papierwerk vervoer het. Die ondersoek is na bewering genoodsaak nadat Lombaard Dinsdag in 'n motorongeluk tussen Rehoboth en Kalkrand betrokke was terwyl hy ’n witrenosterkoei en haar kalf vanaf Mariental na 'n plaas in die Karibib-distrik vervoer het.

Friday, 2 September 2022
Smit E 2022. Renosters word onthoring na stropery toeneem.

Private renostereienaars onthoring tans hul diere om hulle teen die onlangse toename in stroperyvoorvalle te beskerm. Altesaam 48 renosters is reeds vanjaar gestroop, wat reeds verlede jaar se syfer van 44 oortref, asook die 42 renosters in 2020. Uit dié 48 was 32 swart- en 16 witrenosters – waarvan 12 swartrenosters op bewaringsplase gestroop is en 16 witrenosters op private plase.

Thursday, 1 September 2022
Smit E 2022. Nog twee swart renosters gestroop.

Karkasse op private wildplase gevind: Een van die renosterkarkasse wat ontdek is, was dié van 'n dragtige koei. 

Carcasses found on private game farms: One of the rhino carcasses discovered was that of a pregnant cow.

Wednesday, 10 August 2022
Smit E 2022. Vier renosters, twee dae.

In die minder as agt maande van 2022 wat al verby is, is 36 renosters reeds oraloor die land gestroop. In die nuutste voorvalle is die karkas van ’n witrenoster gister op 'n private plaas in die Okahandja-distrik ontdek. Maandag is karkasse van nog twee gestroopte witrenosters op 'n private plaas in die Outjo-distrik aangemeld. Net verlede week het die ministerie gesê 33 renosters is vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters was.

Friday, 5 August 2022
Smit E 2022. Renosterstropers stel hul visier op plase in.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.

According to the spokesperson of the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda, this year's poaching incidents included 15 poached rhinos in the Etosha National Park, nine rhinos on conservation farms and another nine on private farms.

Friday, 17 June 2022
Smit E 2022. 142 in vyf jaar skuldig bevind aan stropery.

Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.

Thursday, 14 October 2021
Smit E 2021. Stryd teen wildmisdaad kry N$ 92 miljoen.

Terwyl onlangse statistieke aandui Namibië wen die stryd teen wildmisdaad en mens-dier-konflik, sal 'n projek van stapel gestuur word om hierdie pogings te versterk. Dit volgens die uitvoerende direkteur van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila. Hy het dit tydens die ondertekening van die projekdokument getiteld "Geïntegreerde benadering tot pro-aktiewe bestuur van mens-dier-konflik en wildmisdaad in brandpunt-landskappe in Namibië" gesê.

Friday, 16 July 2021
Smit E 2021. Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek.

Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande…

Wednesday, 22 July 2020
Smit E 2020. 10 vas vir wildmisdaad.

Tien verdagtes is in hegtenis geneem in verband met wildmisdaad en vier nuwe sake is aanhangig gemaak. Sewe van die verdagtes is in hegtenis geneem vir olifantstropery of -handel, terwyl ’n ander verdagte gearresteer is in verband met renosterstropery.

Ten suspects have been arrested in connection with game crime and four new cases have been filed. Seven of the suspects were arrested for elephant poaching or trafficking, while another suspect was arrested in connection with rhino poaching.

Monday, 6 July 2020
Smit E 2020. Optrede teen wildstropery nodig - Implementeer toepaslike wette.

Die Finansiële Aksie-taakmag beskryf in sy eerste verslag oor wildmisdaad dit as 'n internasionale bedreiging wat verbind kan word met georganiseerde misdaad soos slawerny, dwelm- en wapensmokkelary. Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fokus op die finansiële aspek van wildmisdaad en stel voor alle regerings moet wette op geldwassery implementeer. Die studie se bevindings is gebaseer op die insette van 50 lande, Namibië ingesluit, wat lid is van die Oostelike en Suider-Afrika Teengeldwasserygroep (ESAAMLG). 'n Totaal van 22 uit 45 lande het aangedui dat hulle…

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...