Title:

'n Voorlopige petrografiese studie van die granitiese gesteentes van GE81ED 21158 in die noordelike sentrale sone van die Damara-Orogeen

Author(s):
Publication Year:
1986
Abstract:

Granitiese gesteentes van laat-Damara ouderdom in die noordelike Sentrale Sone van die Damara-orogeen word in die Okombahe- en Kawab-stollingsassosiasies onderverdeel. Eersgenoemde, wat radiometriese ouderdomme van 553 M.a. tot 514 M.a. gelewer het, bestaan uit die Okombahe-tipe granodioriet, die Orotsaub-monsograniet en die Okandjou-leukograniet en is beperk tot die sones tussen die tingordels. Hierdie gesteentes is na -D1 maar voor-D2 , ingeplaas. Die Kawabstollingsassosiasie bestaan uit die Okamborombonga-kwartsdioriet, die Baukwab-tipe granodioriet, die Kawabmonsograniet, die Okondeka-graniet en die Etendero-graniet met ouderdomme van 479 m.a. tot 459 M.a. Hierdie gesteentes kom hoofsaaklik in die suidelike en sentrale tingordels voor en is sin- tot na-D3 ingeplaas.

Publication Title:

Communications of the Geological Survey of South West Africa/Namibia

Publisher:
Geological Survey, SWA/Namibia
Volume:
2
Pages:
13-26
Item Type:
Journal Article
Language:
af
Keywords:

EIS custom tag descriptions