Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas
Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die karkas van 'n ver dragtige witrenosterkoei op Vrydag 2 April op 'n lodge in die Gobabis-distrik gevind is. Met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid is drie verdagtes, mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua, Sondag 4 April by 'n padblokkade buite Gobabis in hegtenis geneem. In hul besit was glo 'n jaggeweer en 22 patrone.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_04_Vierde renosterstroper van Gobabis vas_Republikein.pdf | 325.68 KB |
NAM_2021_04_Gobabis fourth rhino poacher caught_Republikein_Eng.pdf | 326.41 KB |
This article is part of the Namibian Wildlife Crime article archive. The archive aims to:
» Search the Namibian wildlife crime article archive.