Title:

Buitelanders glo vas met olifanttande - Twee luiperdvelle gekonfiskeer

Publication Year:
2020
Abstract:

'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is verlede week glo met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars. Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is. Volgens die verslag is drie nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak. Twee van die verdagtes is verlede Maandag vasgetrek in verband met die sameswering om 'n renoster te stroop. Hulle is die Namibiërs mnre. Samuel Kambonde en Sodomu Lazarus. Kambonde word met twee wildmisdaadsake verbind wat onderskeidelik by Oshivelo in Maart en Omaruru in Februarie gepleeg is. Nóg twee van die ses verdagtes is in verband met die onwettige besit van luiperdvelle in hegtenis geneem. Mnr. Tony Isaacs is verlede Maandag in Katutura in die hoofstad glo met een luiperdvel in sy besit betrap.

A Zambian and a Mozambican citizen was arrested last week with six elephant teeth in their possession on Katima Mulilo. According to Namibian Police and the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism's weekly crime report from April 27 to May 3, Messrs. Pani Kavi of Mozambique and Mulita Kapingro of Zambia the alleged ivory smugglers. They are two of the six suspects arrested last week in connection with wildlife crime. According to the report, three new wildlife crime cases were pending. Two of the suspects were arrested last Monday in connection with the conspiracy to rob a rhino. They are the Namibians. Samuel Cambonde and Sodomu Lazarus. Cambodia is linked to two wildlife crime cases committed at Oshivelo in March and Omaruru in February, respectively.

Series Title:
Republikein
Type:
Newspaper
Item Type:
Report
Language:
af

This article is part of the Namibian Wildlife Crime article archive. The archive aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

» Search the Namibian wildlife crime article archive.