Title:

13 vermeende wildmisdadigers vas

Publication Year:
2019
Abstract:

Altesaam 13 verdagtes is verlede week vanaf 9 tot 15 September in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem. Vyf uit die 13 verdagtes is vas oor renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifantstropery of handel in ivoor. Volgens die weeklikse statistieke van wildmisdaad van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak. Beslagleggings is op twee elk renosterhorings, olifanttande, lewende ietermagôs, ietermagôvelle, leeuvelle en vuurwapens gemaak, terwyl sewe patrone gekonfiskeer is.

Series Title:
Republikein
Type:
Newspaper
Item Type:
Report
Language:
af

This article is part of the Namibian Wildlife Crime article archive. The archive aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

» Search the Namibian wildlife crime article archive.