This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
Agt verdagtes is oor die Paasnaweek vir renosterstropery-verwante misdade in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda, is twee verdagtes op 6 April op die Tsumeb/Otavi-pad by 'n mobiele padblokkade in hegtenis geneem omdat hulle onwettig die Etosha Nasionale Park binnegegaan het om renosters te jag. Twee vars renosterhorings is in hul besit gevind en deur die wetstoepassingsagentskappe onder leiding van die Blue Rhino-taakspan op beslag gelê.
Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande. Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede. Inteendeel, groeiende bewyse dui op 'n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verskeie veiligheidsaanpassings in die Etosha Nasionale Park gemaak sedert die karkasse van 11 gestroopte swartrenosters gevind is. Een van die stappe is die herontplooiing met onmiddellike effek van afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die wildbeskermingseenheid, na die park. Twee uit 'n groep van vyf verdagtes wat probeer het om renosters in die park te jag, is ook verlede week vasgetrek.
Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs. Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022-06_142 in vyf skuldig jaar bevind aan stropery_Republikein.pdf | 650.42 KB |
NAM_2022_06_142 convicted in five years of poaching_Republikein_Eng.pdf | 407.36 KB |