This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:
Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.
Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.
The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.
Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.
'n Vermeende stroper is Sondag op die plaas Kaliombo in die Karibib-omgewing in die been geskiet. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 65-jarige plaaseienaar omstreeks 23:45 die honde hoor blaf. Veiligheidswagte van K-Sapu het hom ingelig oor vermeende stropers op sy eiendom. Die boer het ondersoek gaan instel en drie mans met vleis gewaar. Die verdagtes was met assegaaie en 'n byl gewapen. Hulle het ook drie honde by hulle gehad. Die verdagtes het na bewering probeer om die boer aan te val.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vermeende stroper in been geskiet_Republikein.pdf | 471.87 KB |
NAM_2022_08_Suspected poacher shot in the leg_Republikein_Eng.pdf | 470.19 KB |
In die minder as agt maande van 2022 wat al verby is, is 36 renosters reeds oraloor die land gestroop. In die nuutste voorvalle is die karkas van ’n witrenoster gister op 'n private plaas in die Okahandja-distrik ontdek. Maandag is karkasse van nog twee gestroopte witrenosters op 'n private plaas in die Outjo-distrik aangemeld. Net verlede week het die ministerie gesê 33 renosters is vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters was.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Vier renosters twee dae_Republikein.pdf | 528.92 KB |
NAM_2022_08_Four rhinos two days_Republikein_Eng.pdf | 647.91 KB |
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.
According to the spokesperson of the Ministry of the Environment, Forestry and Tourism, Mr. Romeo Muyunda, this year's poaching incidents included 15 poached rhinos in the Etosha National Park, nine rhinos on conservation farms and another nine on private farms.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2022_08_Renosterstropers stel hul visier op plase in_Republikein.pdf | 596.12 KB |
NAM_2022_08_Thino poachers set their aim on farms_Republikein_Eng.pdf | 594.62 KB |
Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is een van die beskuldigdes, mnr. Pendapala Herman, op borgtog uit in die opspraakwekkende saak van die diefstal van 33 renosterhorings op Outjo. Die ander twee beskuldigdes, is konstabel Michael Muronga, wat verbonde is aan die misdaadvoorkomingseenheid van die Namibiese polisie op Otjiwarongo, en mnr. Alfons Tjukuru van die Oshanastreek.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Drie in hof oor horing in kattebak_Republikein.pdf | 344.06 KB |
NAM_2021_03_Three in court over horn in trunk_Republikein Eng.pdf | 343.37 KB |
Ses mans is Saterdag in die omgewing van Kamanjab in verband met die onwettige jag van 'n kameelperd vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is die ses verdagtes omstreeks 19:40 Saterdag met die vleis van een kameelperd en 'n ongelisensieerde vuurwapen waarmee hulle glo die beskermde dier gejag het, in hegtenis geneem.
Attachment | Size |
---|---|
NAM_2021_03_Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab_Republikein.pdf | 352.85 KB |
NAM_2021_03_Six caught for giraffe hunting at Kamanjab_Republikein_Eng.pdf | 259.17 KB |