Search results

Namibian Wildlife Crimes article archive

This archive of published media articles about wildlife crime in Namibia aims to:

  • provide easy public access to published information and statistics
  • enable easy stakeholder access to articles
  • provide a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia

Public access to information is a vital component of ensuring community engagement in prevalent issues. Wildlife crime is one of the pressing environmental issues of our time.

Wildlife crime investigations are generally covert operations requiring utmost confidentiality to succeed. Investigations and prosecutions in complex cases may take months or even years to complete. For this reason, the information that can be released to the public without compromising cases is often limited. Nonetheless, the Namibian government strives to share as much information as possible with the public.

The Namibian media has welcomed this approach and regularly publishes statistics and feature articles on wildlife crime. These are entered into the database at regular intervals, creating a comprehensive archive of wildlife crime reporting in Namibia.

Explore your search results using the filter checkboxes, or amend your search or start a new search.

Displaying results 1 - 5 of 5
Wednesday, 14 April 2021
Steynberg F 2021. Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas.

Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die karkas van 'n ver dragtige witrenosterkoei op Vrydag 2 April op 'n lodge in die Gobabis-distrik gevind is. Met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid is drie verdagtes, mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua, Sondag 4 April by 'n padblokkade buite Gobabis in hegtenis geneem. In hul besit was glo 'n jaggeweer en 22 patrone.

Tuesday, 13 April 2021
Steynberg F 2021. Wildmisdaadsindikate in 2020 vasgetrek: Bosslagtery gedy in Covid.

Die voorkoms van wildmisdaad, veral rakende renosters, olifante en ietermagôs het in 2020 gedaal, maar steeds is ’n derde van alle inhegtenisnemings verwant aan dié hoë waarde spesies. Volgens 2020 se wildmisdaadverslag is 31% minder sake aanhangig gemaak, asook 31% minder verdagtes as in 2019 in hegtenis geneem. Altesaam 145 verdagtes is in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem, maar in 2020 is op meer renosterhorings (21) beslag gelê as die 13 in 2019.

Tuesday, 6 April 2021
Steynberg F 2021. Spoorsnyers help 'renosterstropers' vastrek.

Drie vermeende renosterstropers met 'n vuurwapen is Saterdag met behulp van boere, spoorsnyers en die K9- teenstropingseenheid vasgetrek nadat die karkas van 'n dragtige witrenosterkoei Vrydag by 'n lodge in die Gobabis-distrik ontdek is.

Three suspected rhino poachers with a firearm were arrested on Saturday with the help of farmers, trackers and the K9 anti-poaching unit after the carcass of a pregnant white rhino cow was discovered at a lodge in the Gobabis district on Friday.

Wednesday, 24 February 2021
Steynberg F 2021. 'Geen personeel betrokke by stropery'.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem. Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.

Thursday, 11 February 2021
Steynberg F 2021. Wildstropery in 2020 grootliks vasgevat.

Wildstropery het in 2020 ’n afname getoon, met altesaam 31 renosters en elf olifante wat gestroop is en 654 vermeende wildstropers wat vasgetrek is. Die 654 verdagtes bestaan uit 597 Namibiërs, 26 Zambiërs, 22 Angolese, een elk uit Botswana en Zimbabwe asook sewe ander burgers wat betrokke is by 308 wildmisdaadsake wat in 2020 aanhangig gemaak is.

NOT FOUND WHAT YOU ARE LOOKING FOR? AMEND YOUR SEARCH...